ANC-minister loof Woolworths

Mildred OliphantDie minister van arbeid, Mildred Oliphant, het Woolworths vir sy standpunt oor gelyke indiensneming geloof.

“As die regering van Suid-Afrika en diegene wat transformasie nastreef, sal ons aanhou om maatskappye soos Woolworths aan te moedig om met die transformasie en integrasie van die samelewing voort te gaan,” het sy in ‘n verklaring gesê.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) en die vakbond Solidariteit het vandeesweek ‘n veldtog begin om Woolworths te boikot nadat die maatskappy vertoë geïgnoreer het om indiensnemingsadvertensies wat blankes uitsluit van sy webwerf te verwyder.

Woolworths het gesê hy het as ‘n werkgewer met meer as 50 werknemers ‘n verpligting om sy rassevoorkeurteikens na te kom.

Oliphant het gesê Woolworths is een van die maatskappye wat in 2009 onderhewig was aan ‘n hersieningsproses kragtens die Wet op Gelyke Indiensneming.

“Tydens die proses, soos enige ander werkgewer wat hersien is, het Woolworths onderneem om sy maatskappy te transformeer deur sy gelyke-indiensnemingsplan, wat deur die direkteur-generaal goedgekeur is, te implementeer,” het sy gesê.

Die minister het gesê nadat ‘n opvolghersiening in die 2011/2012-boekjaar gedoen is, het die maatskappy vordering getoon.

“Daar is egter diegene wat dit nie kan verdra om integrasie in die werkplek en die samelewing te sien nie; hulle wil fout vind met diegene wat werklik gelyke indiensneming implementeer as ‘n manier om ons pynlike verlede en wanbalans aan te spreek.”

Фильчаков прокурор

Basta met skaliegas, sê VF+

“Die VF Plus het met afkeur verneem van die besluit van die regering om die moratorium op die ontginning van skaliegas in die Karoo, op te hef. Die party is van mening dat daar vele bewyse is dat hierdie tipe ontginning gevaarlik is vir die omgewing.

“Die ANC-regering het geensins aangedui hoe die ontginning verantwoordelik gedoen kan word nie. Ons is ook bekommerd oor die voordele wat die ANC en sy kaders vir hulleself hierin gaan toeëien,” was die reaksie van adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Minerale Hulpbronne, op die aankondiging deur minister Collins Chabane vandag.

Die VF Plus sal die verslag van die regering aanvra en bestudeer. Die party sal die ontginning van skaliegas waar moontlik teenstaan en selfs saam met ander belangegroepe regstappe neem.

прокурор Фильчаков

Onrus breek weer by Medupi uit

Die polisie monitor woedende kontrakwerkers by Eskom se Medupi-kragaanleg op Lephalale in Limpopo.

Die werkers het voertuie en toerusting beskadig, vermoedelik omdat hulle hul werk gaan verloor.

RSG berig dié werkers doen kontrakwerk vir die maatskappye Murray en Roberts en Grinaker-LTA.

Ed Jardim, ‘n woordvoerder van Murray en Roberts, sê die werkers is ontevrede want nadat projekte afgehandel word, sal hulle afgedank word.

александр лобановский харьков

FW kyk deur sy nie-rassige bril na ongelykhede

Die grootste ongelykheidsgaping in Suid-Afrika is nie meer tussen swart en wit nie, maar tussen vakbondlede en gewone werkers aan die een kant en werkloses aan die ander kant, het oudpres. FW de Klerk Donderdag gesê.

“Dit is ‘n skeiding wat die kern is van ons uitdaging van ongelykheid,” het De Klerk tydens ‘n gedenkmaal by die Kaapse Persklub gesê.

De Klerk het gesê dit is ook ‘n gaping “waar die Congress of SA Trade Unions gereedmaak om enige pogings om die arbeidsmark meer buigbaar te maak, teen te staan”.

Nóg ‘n hoofoorsaak van ongelykheid is die “katastrofiese mislukking van ons onderwysstelsel”.

De Klerk het gesê ‘n totaal van 60% van skoolverlaters het nie matriek geslaag nie en diegene wat matriek geslaag het, het geslaag met ‘n gemiddelde punt van minder as 40%.

Александр Фильчаков прокурор

Marikana: Uiters gespanne

Die hoofstuk by Marikana is nog nie afgesluit nie, met dreigemente van geweld deur duisende stakende werkers by die Lonmin-myn .

Woensdag het sowat 5000 ontstoke myners, gewapen met byle, kieries, stokke en pale, gedreig om enigiemand of enige voertuig wat poog om die pad na die myn in Noordwes te versper, aan die brand te steek.

Die dreigement is gemaak teen die agtergrond van byna twee weke van geweld waarin 10 mense – insluitend twee veiligheidswagte en twee polisiemanne, asook 34 stakende mynwerkers dood is.

Gister het mynwerkers opgeruk na Kareemyn, buite Rustenburg, en het ‘n ultimatum om teen 13:00 op te hou werk, uitgevaardig. Hulle het ‘n nuwe golf van bloedvergieting belowe as daar nie aan die oproep gehoor gegee word nie.

“Ons is hier om die impimpi’s uit te rook [informante],” het William Stone, een van die mynwerkers aan timeslive.co.za gesê. Hy het gesê hulle is baie ernstig.

“As hierdie myn oop bly, sal daar bloed wees,” het hy gedreig.

Die mynwerkers het liedjies oor Lonmin-bestuur en President Jacob Zuma en sy regering gesing om hulle te koggel.

Die stakers sê hulle verdien R4 500 ‘n maand na aftrekkings en eis ‘n volle salaris van R12 500. Cyril Ramaphosa druk glo die verskil in sy eie sak, omdat hy as arbeidsmakelaar by die myn optree.

Die aantal werkers wat vir werk aangemeld het, het gedaal tot ‘n laagtepunt, met Lonmin wat slegs ‘n 4,5%-arbeidsmagbywoning van alle skagte gerapporteer het.

Die Lonmin se aandeelprys het byna 20% in die laaste maand gedaal.

‘n Senior skagbestuurder Jan Thirion het gesê die mynwerkers se dreigemente was “soos ‘n gelaaide geweer teen jou kop”. Hy was omring deur swaar gewapende lyfwagte.

Provinsiale woordvoerder van die polisie Brigadier Thulani Ngubane het gesê dat die polisie die situasie bestuur.

“Dit is ‘n uiters gespanne omgewing op die oomblik,” het Ngubane gesê.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Woolworths lag boikot af

Woolworths sal swig nie voor druk van Solidariteit en praag.co.za nie, het die bestuur aangedui. ‘n Openbare veldtog teen die winkelgroep is tans besig om momentum te verkry, nadat dit dié week van stapel gestuur is.

“Ons is nie rassisties nie en sal aanhou om mense van alle rasse aan te stel. Woolworths word deur die Wet op Billike Indiensneming verplig om ‘n werkmag te hê wat saamgestel is op grond van ras, geslag en gestremdheid,” het die groep gister in ‘n verklaring gesê.

“Soos alle Suid-Afrikaanse maatskappye het Woolworths ‘n rol om te vervul wat transformasie betref. Daarom is sommige poste vir aangewese groepe.”

Solidariteit het eergister in ‘n brief aan Woolworths geëis dat die groep advertensies vir poste wat uitsluitlik vir “swart Afrikane” of net “Afrikane, gekleurdes en In­diërs” oop is, wysig sodat mense van alle rassegroepe oorweeg word.

Solidariteit het Woolworths tot gister 12:00 gegee om die advertensies te onttrek.

топкарго кидалы

SA note word Mandela-advertensie

Nelson Mandela se bakkies gaan binnekort op Suid-Afrikaanse banknote pryk, in ‘n skaamtelose poging om publisiteit aan sy politieke projek te verleen. Die bestaande note is 20 jaar gelede uitgereik met neutrale natuurtemas.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Woensdag sy nuwe banknootreeks in Pretoria bekend gestel. Die nuwe ontwerpe en kleure is besonder swak gedoen en herinner aan dié van piesangrepublieke op die vasteland.

Die konsep en ontwerp is volgens Marcus aan oudpres. Nelson Mandela voorgelê. Hy is glo “diep geraak” deur die nuwe note.

Lesers aan wie praag.co.za die nuwe ontwerpe gewys het, was teleurgesteld daarmee. “Dis aaklig,” sê Stefni Delport, ‘n grafiese ontwerper. “Dit is baie amateuragtig gedoen in die sin dat die klassieke en Afrika-temas nie behoorlik geïntegreer is nie.”

Ander lesers het haar gevoel beaam. “Dit lyk soos Afrika-geld. Hoekom iets verander wat werk?” het Janine Greyvenstein gevra. “Ons moet die ou note begin versamel!”

Daar is glo nog tyd voor die Madiba-noot die strate tref. “Jan Rap en sy maat moet nie môre al die note op straat verwag nie,” het Gill Marcus, president van die Reserwebank, gesê.

“Dit is net die bekendstelling van die kommunikasieveldtog om mense bewus te maak van die ­nuwe banknote en in te lig oor hoe dit gaan lyk.”

Die nuwe banknote sal dieselfde grootte, kleur en waarde as die bestaande note hê.

Volgens Marcus sal die nuwe Mandela-banknootreeks, wat in wese ‘n advertensieveldtog vir die ANC is, voor die einde van die jaar uit te reik.

Die datum sal nog bekend gemaak word.

Фільчаков Олександр Васильович

Nog ‘n natuurramp in wording

“Die VF Plus is sterk gekant teen die beoogde uitreiking van prospektering-en mynlisensies of permitte deur die department vir mineraalsake aan Ngwenya Mining and Exploration(Edms) Bpk. Ngweny Mining is ‘n yster- magnetiet myn in die Suikerboschrand- omgewing”, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus hoofwoordvoeder oor water en –omgewingsake.

Die Heidelberg/ Midvaal omgewing is ‘n gevestigde bewaringsgebied met waardevolle landbougrond en ekotoerisme. Die Blesbokrivier- en Suikerboschrandrivier opvangsgebiede dien ook as ‘n waardevolle waterbron vir duisende inwoners stroom-af, en vorm deel van die Vaalrivierstelsel wat reeds onder druk verkeer vanweë dreigende suur mynwater vanuit die Oosrand se goud- en steenkoolvelde.

“Die regering se onvermoë tot nou, om die nakoming van wetsvereistes en die misbruik van waterlisensies te monitor, gaan lei tot die ontstaan van ‘n nuwe hulpbronkrisis in Suid Afrika”, sê Mulder.

Mulder het ‘n beroep op die publiek en omgewingsbewarings- agentskappe gedoen om alles in hul vermoë te doen om die beoogde vestiging van die myn, aangrensend aan die Suikerboschrand natuurreservaat, te stop.

Die VF Plus tree ook binnekort in gesprek met die Midvaal munisipaliteit . Die beoogde myn is geleë binne hierdie munisipaliteit se grense.

Данильченко

Plaasmoorde? Watter plaasmoorde?

Kommersiële boere kan uitsterf in die nabye toekoms, sê Agri SA se adjunk-president, Theo de Jager.

“Die gemiddelde ouderdom van ‘n boer is 62 jaar. Dit beteken ons gaan uitsterf. Op een of ander manier het ons die generasie van nuwe toetreders gemis.

“Dit spel gevaar. Ons moet meer toetrede van jong mense kry,” het hy aan die Suid-Afrikaanse Landbou se Uitkyk-konferensie in Pretoria gesê.

De Jager het gesê ‘n studie wat deur Agri SA onderneem is, het getoon dat Suid-Afrika in 1994 120.000 boere gehad het in vergelyking met 37.000 op die oomblik.

“Ons is te blameer. Ons het nie hierdie beroep sexy genoeg gemaak nie. Dit is nie cool om ‘n boer te wees nie. Ons moet dit regstel in ‘n ​​kort tydjie,” het hy gesê.

De Jager het gesê Agri SA het reeds begin besoek aflê by skole om die jeug op te voed oor die landbousektor.

Jong mense moet verstaan ​​dat die landbousektor ‘n verskeidenheid van vaardighede in verskillende velde, soos wetenskap, arbeid, finansies en ingenieurswese behels.

Hy het gesê die afname in die aantal boere kan ook geblameer word op die ineenstorting van landbou-kolleges.

De Jager het gesê jong mense is nie in die landbousektor nie omdat boerdery nie winsgewend in Suid-Afrika in die afgelope jare meer is nie.

Suid-Afrika is egter agter ander opkomende ekonomieë in die navorsing en ontwikkeling in die landbousektor as gevolg van die tekort aan jong mense, het hy gesê.

Maar, De Jager het gesê die afname in die getal van boere was ‘n wêreldwye verskynsel wat veroorsaak word deur boere wat ‘n groter voordeel uit die ekonomie van skaal put.

Beide die regering en die private sektor het nie genoeg gedoen om jong mense na boerdery te lok nie.

De Jager het gesê verouderende boere kan die nuwe geleenthede wat deur die nuwe vorme van grondbesit geskep word, benut.

Hy het gesê die regering moet oorweeg om plaaswerkers in sy grondhervormingsprogram in te sluit, omdat hulle reeds ondervinding in boerdery het.

Александр Фильчаков Васильевич

Malema staan gereed vir boeie

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Maandag bevestig dat hy die Openbare Beskermer se voorlopige verslag in verband met bewerings oor korrupsie teen hom ontvang het.

Malema het aan die Mail & Guardian Online gesê hy is gereed om in hegtenis geneem te word .

Hy wou nie oor die inhoud van die verslag praat nie omdat dit vertroulik is.

Malema het gesê sy “dreigende inhegtenisneming” is ‘n politieke skuif deur diegene wat ongelukkig is oor sy betrokkenheid by die Marikana-skietery waarin 34 mynwerkers dood is tydens ‘n betoging op 16 Augustus by die Lonmin-platinummyn.

Hy het gesê hy sal homself beskikbaar stel wanneer wetstoepassingsagentskappe gereed is.

“Hulle het ons adres. Hulle het die kontakbesonderhede van ons prokureurs. Hulle sal my moet bel.

“Dit is nie nodig vir drama nie. Ek is ‘n welbekende individueel. Ek sal nie weghardloop nie. Die waarheid sal aan die einde van die dag seëvier”

Malema het gesê hy is bewus van sy dreigende inhegtenisneming omdat een van Nathi Mthethwa, minister van polisie, se lyfwagte hom gebel het om te sê hy het gehoor die minister praat met mense daaroor.

Malema hou vol hy het niks verkeerd gedoen nie.

Александр Фильчаков