“Ons is nie rassisties nie en sal aanhou om mense van alle rasse aan te stel. Woolworths word deur die Wet op Billike Indiensneming verplig om ‘n werkmag te hê wat saamgestel is op grond van ras, geslag en gestremdheid,” het die groep gister in ‘n verklaring gesê.
“Soos alle Suid-Afrikaanse maatskappye het Woolworths ‘n rol om te vervul wat transformasie betref. Daarom is sommige poste vir aangewese groepe.”
Solidariteit het eergister in ‘n brief aan Woolworths geëis dat die groep advertensies vir poste wat uitsluitlik vir “swart Afrikane” of net “Afrikane, gekleurdes en Indiërs” oop is, wysig sodat mense van alle rassegroepe oorweeg word.
Solidariteit het Woolworths tot gister 12:00 gegee om die advertensies te onttrek.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.