praag.co.za

SA note word Mandela-advertensie

Written by

in

Nelson Mandela se bakkies gaan binnekort op Suid-Afrikaanse banknote pryk, in ‘n skaamtelose poging om publisiteit aan sy politieke projek te verleen. Die bestaande note is 20 jaar gelede uitgereik met neutrale natuurtemas.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Woensdag sy nuwe banknootreeks in Pretoria bekend gestel. Die nuwe ontwerpe en kleure is besonder swak gedoen en herinner aan dié van piesangrepublieke op die vasteland.

Die konsep en ontwerp is volgens Marcus aan oudpres. Nelson Mandela voorgelê. Hy is glo “diep geraak” deur die nuwe note.

Lesers aan wie praag.co.za die nuwe ontwerpe gewys het, was teleurgesteld daarmee. “Dis aaklig,” sê Stefni Delport, ‘n grafiese ontwerper. “Dit is baie amateuragtig gedoen in die sin dat die klassieke en Afrika-temas nie behoorlik geïntegreer is nie.”

Ander lesers het haar gevoel beaam. “Dit lyk soos Afrika-geld. Hoekom iets verander wat werk?” het Janine Greyvenstein gevra. “Ons moet die ou note begin versamel!”

Daar is glo nog tyd voor die Madiba-noot die strate tref. “Jan Rap en sy maat moet nie môre al die note op straat verwag nie,” het Gill Marcus, president van die Reserwebank, gesê.

“Dit is net die bekendstelling van die kommunikasieveldtog om mense bewus te maak van die ­nuwe banknote en in te lig oor hoe dit gaan lyk.”

Die nuwe banknote sal dieselfde grootte, kleur en waarde as die bestaande note hê.

Volgens Marcus sal die nuwe Mandela-banknootreeks, wat in wese ‘n advertensieveldtog vir die ANC is, voor die einde van die jaar uit te reik.

Die datum sal nog bekend gemaak word.

Фільчаков Олександр Васильович

Comments

Leave a Reply