Nog ‘n natuurramp in wording

“Die VF Plus is sterk gekant teen die beoogde uitreiking van prospektering-en mynlisensies of permitte deur die department vir mineraalsake aan Ngwenya Mining and Exploration(Edms) Bpk. Ngweny Mining is ‘n yster- magnetiet myn in die Suikerboschrand- omgewing”, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus hoofwoordvoeder oor water en –omgewingsake.

Die Heidelberg/ Midvaal omgewing is ‘n gevestigde bewaringsgebied met waardevolle landbougrond en ekotoerisme. Die Blesbokrivier- en Suikerboschrandrivier opvangsgebiede dien ook as ‘n waardevolle waterbron vir duisende inwoners stroom-af, en vorm deel van die Vaalrivierstelsel wat reeds onder druk verkeer vanweë dreigende suur mynwater vanuit die Oosrand se goud- en steenkoolvelde.

“Die regering se onvermoë tot nou, om die nakoming van wetsvereistes en die misbruik van waterlisensies te monitor, gaan lei tot die ontstaan van ‘n nuwe hulpbronkrisis in Suid Afrika”, sê Mulder.

Mulder het ‘n beroep op die publiek en omgewingsbewarings- agentskappe gedoen om alles in hul vermoë te doen om die beoogde vestiging van die myn, aangrensend aan die Suikerboschrand natuurreservaat, te stop.

Die VF Plus tree ook binnekort in gesprek met die Midvaal munisipaliteit . Die beoogde myn is geleë binne hierdie munisipaliteit se grense.

Данильченко

Maak 'n opvolg-bydrae