Peter de Villiers stof sy reënboogbril af

Peter de Villiers, die Springbokke se voormalige bruin afrigter, het sy reënboogbril weer afgestof sodat hy kan sien hoe lyk swart. En hy sien nie genoeg daarvan in Heyneke Meyer se Springbok-vyftiental nie.

Volgens De Villiers is die huidige Bok-span te wit omdat daar slegs drie spelers van kleur ingesluit is in die span.

Meyer het drie swart spelers (Beast Mtawarira, Bryan Habana en Zane Kirchner) ingesluit vir verlede naweek se toets teen die All Blacks in Dunedin. Dieselfde aantal swartes, drie, (Gurthro Steenkamp, Habana en JP Pietersen) het verlede jaar in die Wêreldbeker-kwarteindwedstryd teen Australië uitgedraf in die span wat De Villiers gekies het.

Kennelik het die bruinman se wiskunde hom ook in die steek gelaat.

De Villiers het Maandag in ‘n onderhoud met Ballz Radio gekla dat Meyer nie daarin belangstel om spelers van kleur te kies nie. De Villiers die oomblik goed gekies aangesien Meyer onder kwaai druk verkeer oor die Bokke se swak vertonings.

“Dit is die klein goedjies wat my pla,” het die oud-breier gemaak nederig verklaar. In sy daaropvolgende uitleg van die “klein goedjies” blyk dit toe dat die kwessies eintlik reusagtig is: Ras en die samehang van Suid-Afrika!

“Ons moet weet in watter land ons woon en tans draai ons baie swart mense teen ons deur die span wit te maak en niemand wil oor hierdie dinge praat nie, maar ek moet. En dit is wat…eintlik breek ons weer die land uitmekaar.”

Hy het nie kommentaar gelewer op swart rassiste wat reeds ver gevorder het in hul pogings om die land uitmekaar te breek nie, en met kenmerkende ressentiment dit op die beleërde wit afrigter se brood gesmeer.

“Oral waar ek gaan sê die mense negatiewe goed oor die Springbokke,” het de Villiers gesê. Te oordeel aan die reaksie van wit rugbyliefhebbers, word die rasbewuste oud-afrigter uitgesonder vir nog meer negatiewe kommentaar.

Dié verwikkeling kom nadat Cheeky Watson daarvoor gesorg het dat die Leeus, met ‘n paar Springbokke in die span, uitgestem is om deel te wees van Suid-Afrika se mededingende rugbyreekse, ten gunste van die Konings.

Die Konings in die Oos-Kaap – die ANC-regime se bakermat – se insluiting is daarop gemik om die Afrikanerbeheer van die sport te ondermyn.

Die Leeus het voorheen alles in hul vermoë gedoen het om die reënboognasie ter wille te wees met ontwikkelingsprogramme, anti-rassisme maatreëls op Ellispark, en mediadekking vir swart spelers. Hul kruipery het duidelik nie indruk gemaak by swart besluitnemers of Watson nie.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Afrikanerman (67) wreed vermoor in Middelburg

Moord op MiddelburgMnr. Johannes Jakobus (Jan) du Toit is vanoggend in sy huis deur twee mans met ‘n mes aangeval en vermoor. ‘n Foto van die plas bloed is intussen op Facebook geplaas (hiernaas).

Mev. Anna Maria du Toit is insgelyks aangeval en is in die Midmed-hospitaal opgeneem. Volgens bure van die egpaar het honde in die buurt deur die nag geblaf en daar is ook vreemde swartes in die straat opgemerk. Die bure het ook agterna harde slae soos plofgeluide gehoor. Volgens ‘n ooggetuie het een van die aanvallers oor ‘n muur gespring.

Die moordenaars het deur ‘n venster aan die voorkant van die huis ingebreek. Gerugte in die dorp wat per selfoon versprei het, wil hê dat mev. Du Toit ook baie wreed aangerand is en dat albei haar ore afgesny is. Tans is sy egter buite gevaar in die Midmed-kliniek en daar word bloot van ‘n “wond aan haar oor” gepraat.

Die aanval het in die vroeë oggendure in die voorstad Dennesig plaasgevind. Daar was ‘n hewige worsteling alvorens die aanvallers oor die voorste muur gevlug het.

Sedertdien is die hele Middelburg in rep en roer en blykbaar is alle mobiele alarms op die dorp uitverkoop.

Familie en vriende van die egpaar wat die huis gaan skoonmaak het, het die foto op Facebook geplaas.

Фільчаков прокурор

Zuma wil Malema agter tralies sien

Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, kan dalk teen die naweek agter tralies wees, het Eyewitness News (EWN) Dinsdagoggend berig. Dit sal gebeur as die Valke en Solidariteit hul sin kry.

Dit volg ná die Valke se ondersoek oor bewerings van korrupsie teen Malema ten einde geloop het. Die Valke het intussen ook gesê die polisie se speureenheid die ondersoek oorgeneem het na bewerings van aanhitsing tot geweld teen Malema gemaak is deur die vakbond Solidariteit.

Malema het na bewering gedurende sy ampstermyn as president van die Jeugliga tenders aan sakemanne van Limpopo help toeken. Volgens Solidariteit het hy werkers aangehits tot geweld gedurende die Lonminstaking.

Malema het intussen Dinsdag by ‘n mediakonferensie by die Holiday Inn-hotel in Sandton uitgevaar teen president Zuma en hom as ‘n “gefaalde leier” uitgekryt.

Malema beweer polisie het gedreig om hom dood te maak by Wonderkop-stadion toe hy Maandag by die byeenkoms daar weggewys is.

“Die polisie het gedreig om ons te isoleer en ons dood te maak,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Malema moes noodgedwonge by die hekke van die stadion, waar die stakende mynwerkers versamel het om ingelig te word oor die ontwikkelinge oor hul looneise, wegdraai.

Hy is begelei deur ongeveer 10 polisievangwaens.

“Die supersoniese spoed waarteen sy [Zuma se] sakebelange gegroei het sedert sy aanstelling as president is ‘n bewys dat hy slegs sy eie belange en dié van sy familie in gedagte het.”

Malema het die SABC ook gekritiseer omdat hulle nie negatiewe dekking oor die president duld nie.

“Tipies van alle diktatorskappe in die wereld, saai die openbare uitsaaier, wat ‘n publieke mandaat het om verslag te doen oor alle belangrike gebeure, slegs goeie berigte oor Jacob Zuma uit.

“Nog nooit het ‘n president oor soveel chaos en verdeeldheid regeer nie, en hy sal die land in nog ‘n dieper krisis inlei,” het Malema gesê.

Malema het verder gesê die vertroue wat die gewone man op straat in hom stel, veroorsaak dat Zuma planne maak om hom te stuit, verwysende na die Valke- en speurondersoeke.

Фильчаков прокуратура харьков

Malema weggekeer by myn

Die Suid-Afrikaanse polisie het Julius Malema verhoed om ‘n byeenkoms van stakende mynwerkers Maandag toe te spreek, nadat president Jacob Zuma gewaarsku het dat die land nie ‘n resessie kan bekostig wens stakings nie.

Die polisie het Julius Malema, geskorste leier van die ANC se jeugliga, met vier Nyala-polisievoertuie en ‘n helikopter tot by die N4 uit Marikana in die Noordwes begelei, het RSG berig.

Zuma het by ‘n konferensie van Cosatu gesê dat R4.5 miljard verlore gegaan het in die produksie van goud en platinum hierdie jaar en ‘n verdere R118 miljoen in die steenkoolsektor.

“Die impak gaan verder as die mynbousektor,” het hy gewaarsku.

“Ons kan nie bekostig om in ‘n resessie te gaan nie, en om terug te keer na die tydperk 2008 en 2009 waar die land naby aan ‘n miljoen werkgeleenthede verloor het, waarvan ons nog sukkel om te herstel.”

Die regering het Vrydag aangekondig dat hulle nie langer die onrus sal duld nie en die veiligheidsmagte beveel om toe te slaan op onwettige byeenkomste, wapens, dreigemente en aanhitsing.

Polisie het die naweek toegeslaan op Marikana met die ondersteuning van die leër, tradisionele wapens van werkers afgeneem en die skare met rubberkoeëls en skokgranate verjaag nadat hulle sonder polisieklaring byeengekom het.

Vroeg Maandag, het die polisie 42 mense in hegtenis geneem vir ‘n onwettige staking by ‘n skag wat deel uitmaak van Royal Bafokeng Platinum.

Julius Malema is Maandag verhoed om ‘n skare toe te spreek nadat hy fisies deur gewapende polisie weggekeer is, wat hom 10 minute gegee het om te gaan by ‘n stadion waar werkers in Marikana versamel het.

Malema is na ‘n heftige woordewisseling tussen hom en sy lyfwagte en ‘n groep van minstens 20 polisielede deur sy veiligheidswagte weggelei. 

Sowat 5 000 mense het die gewese Jeugligaleier ingewag onder swaar gewapende polisieteenwoordigheid by die Wonderkop-stadion, sonder wapens, maar met helderkleurige sambrele.

Minstens 30 polisievoertuie was teenwoordig. Toe die nuus hulle bereik dat Malema deur die polisie weggekeer is om hulle toe te spreek, was daar groot ontevredenheid, maar mense het kalm gebly.

Malema en sy lyfwagte het sowat 200 m van die stadioningang af met die polisie geargumenteer.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die Economic Freedom Fighters, het in ‘n verklaring gesê Malema sal vandag tydens ‘n mediakonferensie kommentaar lewer oor onder meer dié voorval.

Suid-Afrika se Tesourie voorspel ‘n onregstreekse verlies van R3.1 miljard van die nasionale inkomste weens stakings en onderbrekings op die myne, het Zuma gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Tweederdes het nie vaagste benul van hidro-breking

Soveel as tweederdes van Suid-Afrikaners het nie die vaagste benul oor wat hidrouliese breking behels nie, het Pondering Panda, ‘n verbruikersmaatskappy, bevind.

Dít kom nadat ‘n opname gedoen is kort nadat die regering ‘n moratorium op hidrouliese breking in die Karoo opgehef het.

“Uit die mense wat beweer hulle het al van hidrouliese breking gehoor, kon slegs 25% sê hulle dink dit is ‘n metode om natuurlike gasse uit die grond te onttrek,” het Pondering Panda in ‘n verklaring gesê.

“Sowat 34% het gesê dis ‘n manier om jouself van sonbrand te beskerm terwyl 26% glo dat dit ‘n seksuele aktiwiteit is.”

Sowat 84% van die mense wat bekend is met hidrouliese breking het gesê hulle is bekommerd oor die impak wat dit op die omgewing kan hê.

“Jong Suid-Afrikaners wat bewus is van hidrouliese breking het baie sterk opinies oor die saak,” het Shirley Wakefield, Pondering Panda se woordvoerder, gesê.

Sowat 3 000 mense het via Mxit aan die opname deelgeneem.

“Die regering en ondernemings moet meer doen om bewusmaking te skep oor hidrouliese breking,” het Wakefield gesê.

лобановский депутат

Lonmin sluit skag, kanselleer arbeidskontrak

Lonmin sal voortaan slegs instandhoudingswerk by sy K4-skag doen en het ‘n kontrak met Murray & Roberts, wat aan sowat 1 200 arbeiders werk verskaf, beëindig, het die maatskappy Maandag gesê.

‘n Staking by dié myn duur steeds voort.

Die maatskappy sê hy het op 26 Julie reeds aangekondig dat hy in die lig van swak pryse ‘n deel van die kapitaalbesteding by sy K4, Hossy- en Saffy-skagte in die Rustenburg-omgewing sal opskort in ‘n poging om jaarlikse kapitaalbesteding vir 2013/14 na $250 miljoen (sowat R2 miljard) per jaar te verminder.

“Lonmin wil ook vandag aankondig dat hy sy K4-skag slegs in stand sal hou as deel van daardie hersiening van kapitaalbesteding,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

“Die maatskappy het vandag kennis gegee om sy kontrak met Murray & Roberts van 17 Oktober 2012 te beëindig. Dit is die kontrakteur wat sowat 1 200 werkers vir die K4-skag beskikbaar stel.”

Produksie het tot stilstand gekom toe werkers by Lonmin se platinummyn in Marikana op 10 Augustus begin staak het. Hulle eis ‘n maandelikse loon van R12 500.

Die staking het intussen na ander myne in die omgewing versprei.

Фильчаков Александр Васильевич

Palestynse ambassadeur na SA oorlede

Namens van die regering en die mense van Suid-Afrika, het president Jacob Zuma ‘n boodskap van meegevoel aan die regering en die mense van Palestina gestuur, na aanleiding van die afsterwe van die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Ali Halimeh. Ambassadeur Halimeh is Sondag in Pretoria oorlede.

President Zuma het gesê: “Die Suid-Afrikaanse regering het met skok en hartseer van die nuus van die afsterwe van ambassadeur Ali Halimeh oor die naweek in Pretoria verneem. Ons gedagtes en gebede is met die familie van die ambassadeur Halimeh, sowel as met die Palestynse mense. gedurende hierdie moeilike tyd.”

Die Suid-Afrikaanse Regering herbevestig sy verbintenis om voort te gaan om sy diplomatieke betrekkinge en solidariteit met Palestina uit te bou. Suid-Afrika identifiseer met die stryd van die Palestynse volk en gaan voort om die regte van die Palestyne te ondersteun om ‘n onafhanklike en lewensvatbare staat te skep.

Reëlings word getref vir die repatriasie van Halimeh se liggaam na Palestina.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Carlton-sentrum bomplanter pleeg selfmoord

‘n Aktivis wat in 1977 ‘n bom by die Carlton-sentrum in Johannesburg geplant het, het selfmoord gepleeg, het The Star Maandag berig.

Issac Mohlolo Siko, 63, is Donderdag by sy huis in Hammanskraal deur ‘n werker dood aangetref met ‘n skietwond in sy kop.

Die werker was in die huis besig toe sy die skoot gehoor het.

Siko se tweelingsuster, Irene, het gesê die familie sukkel om sy dood te verstaan omdat hy geen selfmoordbrief agtergelaat het nie.

“Ons weet nie wat het daartoe aanleiding gegee dat hy selfmoord gepleeg het nie. Ons probeer steeds sy dood verwerk,” het sy gesê.

Siko het op die oggend van 7 Desember 1977 ‘n bom laat afgaan voor ‘n restaurant by die Carlton-sentrum.

Verskeie mense is in die aanval beseer, insluitend Siko, wie se regterhand afgeblaas is.

Siko, ‘n voormalige student van die Universiteit van die Witwatersrand, is tot 12 jaar tronkstraf op Robbeneiland gevonnis vir die aanval.

Hy het destyds aan die hof gesê hy het die aanval uitgevoer met “die hoogste patriotiese motiewe” vir die beswil van beide sy mense en “vir die beswil van wit Suid-Afrikaners”.

Voor die Carlton Sentrum se bomaanval, het Siko ook in Soweto ‘n spreekkkamer wat deur ‘n wit dokter besit is, opgeblaas.

Hy het gesê die aanval was bedoel om die doeltreffendheid van sy bomme te toets en om die owerhede te dwing om die lewensomstandighede in Soweto te verbeter.

Siko het onlangs vroeg afgetree as uitvoerende bestuurder by die Defence Science and Technology Institute.

Фильчаков прокурор харькова

Is die skietslagoffer André Jordaan net gelos om dood te gaan by Baragwanath-hospitaal?

Shaun en Jeanine JordaanDie blanke Afrikanerslagoffer van die jongste skietery in Muldersdrift, André Jordaan (50), is na Baragwanath-hospitaal vervoer, maar daar is nie op hom geopereer nie, in weerwil van die sewe koeëls in sy liggaam. Nadat hy Donderdagaand deur ‘n swerwende bende swart rowers geskiet is, het die hospitaal in Soweto belowe om teen Vrydagoggend ‘n noodoperasie uit te voer.

Die operasie is egter nie gedoen nie en Jordaan het Saterdagaan om 22.05 gesterf. Sy gesin, wat Jordaan “soos ‘n held” beskerm het deur letterlik sy ligaam as skild teen ‘n deur te gebruik, wonder nou intens wat verkeerd geloop het. Sy seun Shaun het aan Beeld gesê: “Ons wil net weet wat fout gegaan het en is desperaat om antwoorde by die hospitaal te kry. My pa was Donderdag ná die skietery tot eergistermiddag nog baie sterk.”

Blykbaar het die hoof van Baragwanath belowe om die gesin oor die saak te kontak.

Jordaan is ten minste sewe keer deur ‘n toe deur geskiet terwyl hy gepoog het om sy gesin teen ‘n tipe militêre aanval deur ten minste vier swart rowers te beskerm. Muldersdrift is al ‘n ruk lank die toneel van ‘n oorlog teen huishoudings deur misdadigers en ANC-opgeleide krygers wat as die “Task Desk” bekendstaan. Vele van die aanvallers kom ook uit Zimbabwe en het moontlik opleiding in Mugabe se weermag ondergaan.

Die hele gesin van ses het in die kamer agter die deur weggekruip terwyl die aanvallers probeer het om dit af te breek. Afgesien van mnr. Jordaan, was daar sy seun Shaun (26), sy vrou Isabel (48), nog ‘n seun Kevin (23), tesame met dié se swanger vriendin Mariska (24) en Shaun se vrou Jeanine (23).

André Jordaan is verskeie kere geskiet, maar het steeds regop bly staan om met sy lyf teen die deur te leun. Hy is drie keer in die maag, twee keer in die bors, asook in die linkerarm en regterskouer raakgeskiet.

Soos vroeër berig is, is drie van die aanvallers Vrydag in hegtenis geneem en sal vandag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn. Die moordenaars is vermoedelik dieselfde as dié wat vir die moord op Alyssa Botha (13), ‘n leerling van Hoërskool Monument, verantwoordelik was toe haar gesin net ‘n paar huis van die Jordaans ‘n week vantevore aangeval is.

Daar heers meningsverskil oor die identiteit van die bende, aangesien sekere bronne beweer dat hulle reeds verlede week in hegtenis geneem is maar weer deur die polisie vrygelaat is.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Geen DNS-skakel na Assange in kondoom nie

‘n Kondoom wat aan die Sweedse polisie gegee deur een van Julian Assange se beskuldigers bevat nie die WikiLeaks-stigter se DNS nie, het forensiese wetenskaplikes bevind.

Assange se prokureurs het aan die lig gebring dat die geskeurde kondoom, wat ondersoek is deur die personeel by twee forensiese laboratoriums, nie afdoende bewys bevat dat Assange dit ooit gebruik het nie, het die Daily Mail berig.

Assange se prokureurs het gesê dat die gebrek van DNS-bewyse, wat na bewering gebruik was tydens ‘n vermeende seksuele aanranding in Augustus 2010, dui daarop dat ‘n valse bewysstuk ingehandig kon gewees het.

Die vrou van 33, is na bewering gemolesteer deur Assange by haar woonstel in Stockholm. Sy sê dat hy op ‘n punt doelbewus ‘n kondoom gebreek het om onbeskermde seks met haar te hê.

Assange beweer dat hy konsensuele seks gehad het met ‘n vrou, maar ontken dat hy doelbewus die kondoom geskeur het. Hy het voorheen aan die polisie gesê dat hy by haar oornag het vir die week ná die beweerde voorval, en sy het nooit enige melding gemaak van die geskeurde kondoom nie.

Maar DNS is na bewering gevind – wat Assange se teenwoordigheid bevestig – op ‘n kondoom wat deur ‘n tweede vrou ingehandig is. Sy beskuldig hom ook van verkragting. Die Sweedse owerhede het dus hul uitleweringsbevel aan die Verenigde Koninkryk op grond daarvan gerig.

Die tweede aanklaagster, nou 29, wat beweer dat hy haar verkrag het in haar slaap, het glo aan die polisie gesê sy was nie gekant teen onbeskermde seks met hom nie, ten spyte van vorige verklarings tot die teendeel, het die koerant berig.

Assange ontken die bewering van verkragting, en sê dat hy konsensuele seks gehad het met die tweede vrou ook. Die Sweedse aanklaer se kantoor het geweier om kommentaar te lewer op die verslag en gesê dat die ondersoek aan die gang is.

Лобановский Харьков