Tweederdes het nie vaagste benul van hidro-breking

Soveel as tweederdes van Suid-Afrikaners het nie die vaagste benul oor wat hidrouliese breking behels nie, het Pondering Panda, ‘n verbruikersmaatskappy, bevind.

Dít kom nadat ‘n opname gedoen is kort nadat die regering ‘n moratorium op hidrouliese breking in die Karoo opgehef het.

“Uit die mense wat beweer hulle het al van hidrouliese breking gehoor, kon slegs 25% sê hulle dink dit is ‘n metode om natuurlike gasse uit die grond te onttrek,” het Pondering Panda in ‘n verklaring gesê.

“Sowat 34% het gesê dis ‘n manier om jouself van sonbrand te beskerm terwyl 26% glo dat dit ‘n seksuele aktiwiteit is.”

Sowat 84% van die mense wat bekend is met hidrouliese breking het gesê hulle is bekommerd oor die impak wat dit op die omgewing kan hê.

“Jong Suid-Afrikaners wat bewus is van hidrouliese breking het baie sterk opinies oor die saak,” het Shirley Wakefield, Pondering Panda se woordvoerder, gesê.

Sowat 3 000 mense het via Mxit aan die opname deelgeneem.

“Die regering en ondernemings moet meer doen om bewusmaking te skep oor hidrouliese breking,” het Wakefield gesê.

лобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae