Amerikaners uit Tunisië ontruim

Sowat 100 Amerikaanse burgers is uit Tunisië ontruim ná ‘n aanval op die Amerikaanse ambassade waarin vier mense dood is.

“Die Amerikaanse burgers is Sondag ontruim,” het ‘n diplomatieke bron aan AFP gesê.

Washington het nie-noodsaaklike diplomatieke personeellede en hul familielede beveel om Soedan en Tunisië te verlaat nadat geweldadige betogings dié lande getref het, waarin ses mense reeds dood is

Die betogings kom uit protes teen ‘n rolprent spot met Islam.

Innocence of Muslims, wat glo in die VSA vervaardig is, het gewelddadige protesoptogte in verskeie Moslemlande en lande waar Moslems woon, veroorsaak.

Die VSA se departement van binnelandse sake het Amerikaanse burgers gewaarsku om nie na Tunisië te reis nie en het die burgers in dié land aangeraai om versigtig te wees en betogings te vermy.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae