Zuma wil Malema agter tralies sien

Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, kan dalk teen die naweek agter tralies wees, het Eyewitness News (EWN) Dinsdagoggend berig. Dit sal gebeur as die Valke en Solidariteit hul sin kry.

Dit volg ná die Valke se ondersoek oor bewerings van korrupsie teen Malema ten einde geloop het. Die Valke het intussen ook gesê die polisie se speureenheid die ondersoek oorgeneem het na bewerings van aanhitsing tot geweld teen Malema gemaak is deur die vakbond Solidariteit.

Malema het na bewering gedurende sy ampstermyn as president van die Jeugliga tenders aan sakemanne van Limpopo help toeken. Volgens Solidariteit het hy werkers aangehits tot geweld gedurende die Lonminstaking.

Malema het intussen Dinsdag by ‘n mediakonferensie by die Holiday Inn-hotel in Sandton uitgevaar teen president Zuma en hom as ‘n “gefaalde leier” uitgekryt.

Malema beweer polisie het gedreig om hom dood te maak by Wonderkop-stadion toe hy Maandag by die byeenkoms daar weggewys is.

“Die polisie het gedreig om ons te isoleer en ons dood te maak,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Malema moes noodgedwonge by die hekke van die stadion, waar die stakende mynwerkers versamel het om ingelig te word oor die ontwikkelinge oor hul looneise, wegdraai.

Hy is begelei deur ongeveer 10 polisievangwaens.

“Die supersoniese spoed waarteen sy [Zuma se] sakebelange gegroei het sedert sy aanstelling as president is ‘n bewys dat hy slegs sy eie belange en dié van sy familie in gedagte het.”

Malema het die SABC ook gekritiseer omdat hulle nie negatiewe dekking oor die president duld nie.

“Tipies van alle diktatorskappe in die wereld, saai die openbare uitsaaier, wat ‘n publieke mandaat het om verslag te doen oor alle belangrike gebeure, slegs goeie berigte oor Jacob Zuma uit.

“Nog nooit het ‘n president oor soveel chaos en verdeeldheid regeer nie, en hy sal die land in nog ‘n dieper krisis inlei,” het Malema gesê.

Malema het verder gesê die vertroue wat die gewone man op straat in hom stel, veroorsaak dat Zuma planne maak om hom te stuit, verwysende na die Valke- en speurondersoeke.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae