Agt Suid-Afrikaners is onder diegene wat dood is in ‘n wraakbomaanval in Kaboel oor ‘n anti-Islam film in die Midde-Ooste.Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder Nelson Kgwete het bevestig dat agt Suid-Afrikaners dood is in Afghanistan Dinsdag, maar het gesê dat min besonderhede bekend is.
“Die mans het vir ‘n private lugvaartmaatskappy gewerk. Hulle het vanoggend gesterf in ‘n ontploffing in Kaboel. Die departement is besig om met die owerheid deur sy missie in Islamabad in Pakistan meer inligting hieroor in te win,” het hy gesê.
Suid-Afrika het nie ‘n ambassade in Afghanistan nie, en konsulêre werk in die area word hanteer deur die sending in Pakistan.
Kgewte het gesê die departement het net die name van die oorledenes ontvang en probeer kontak met die naasbestaandes maak.
“Ons wil ons opregte meegevoel betuig aan die families en die nodige bystand sal gelewer word aan die familie en vriende,” het hy gesê.
Die aanvallers het gesê die aanval was in weerwraak teen ‘n film wat spot met die profeet Mohammed, wat op die internet geplaas is.
Duisende betogers het gebots met die polisie in Kaboel, die vorige dag, motors uitgebrand en klippe gegooi rotse in die ergste uitbraak van geweld sedert Februarie toe oproer oor die verbranding van Korans deur Amerikaanse soldate uitgebreek het.
Afghaanse polisie het gesê onder die 12 gestorwenes in die Kaboel bomaanval was Russe en Suid-Afrikaners wat werk vir ‘n buitelandse maatskappy.
Dit volg op ‘n bloedige naweek waartydens ses lede van Afghanistan se NAVO-alliansie, met inbegrip van vier Amerikaners, dood is.
