VSA-sendings begin om geklassifiseerde materiaal te vernietig

Hoewel die optog van honderdeduisende ontstoke Moslems in Beiroet ver weg van die Amerikaanse ambassade daar gebly het, dui verslae daarop dat die Amerikaanse sending in Libanon begin het om geklassifiseerde materiaal te vernietig as ‘n sekuriteitsvoorsorgmaatreël.

Die Beiroet-ambassade het “sy noodprosedures en het begin om geklassifiseerde dokumente te vernietig,” sê ‘n State Departement-statusverslag wat verkry is deur die Associated Press.

In Washington, het amptenare gesê daar is geen onmiddellike bedreiging vir die ambassade nie. Die besluit om “geklassifiseerde dokumente te verminder” was roetine onder sulke omstandighede en deur die ambassade personeel self onderneem, het hulle bygevoeg.

Vroeër Maandag, het die State Department weereens gewaarsku dat burgers van die VSA hul reise na Libanon moet beperk aangesien die potensiaal vir ‘n “spontane toename in geweld aanwesig bly” in die land. Hulle waarsku verder dat die Libanese owerhede nie in staat is om beskerming te waarborg nie.

Die amateur-film “Onskuld van Moslems” het gelei tot verontwaardiging in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en Asië verlede week. Baie Moslems was woedend oor die YouTube-film wat Islam se profeet Mohammed bespot.

In protes wat regoor die wêreld gevolg het, is verskeie mense reeds dood en dosyne is in hegtenis geneem terwyl hul hul woede voor Amerikaanse ambassades en konsulaatdienste uitgedruk het.

лобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae