Het president Obama en Hillary Clinton ‘n gay ambassadeur na die “bevryde” Moslemland Libië gestuur, waar homoseksuele gedrag ‘n misdaad is, strafbaar met gevangenisstraf?
Die State Department ontken tans heftig dat daar ‘n intelligensielekkasie was wat gelei het tot die aanval op ambassadeur Stevens en sy lyfwagte, waarna sy lyk deur ‘n juigende skare uit sy skuilplek gesleep is.
Die vraag kom te midde van vrae in die diplomatieke gemeenskap oor J. Christopher Stevens wat in Libië wreed vermoor is op die herdenking van die September 11, 2001 se terreuraanvalle.
Die vraag is die moeite werd omdat die huidige Amerikaanse regering aktief die werwing vanuit homoseksuele gemeenskappe vir diplomatieke opdragte oorsee nastreef, insluitend in die Midde-Ooste.
Dit vorm deel van ‘n groter beleidsbesluit deur Obama en Clinton om diskriminasie teen homoseksuele wêreldwyd te konfronteer, selfs in Moslemlande.
Intussen het die Obama-administrasie besluit dat die dodelike aanval in Libië en die gewelddadige betogings in die Moslem-wêreld slegs ‘n reaksie op ‘n 14-minuut filmlokprent op die internet is wat die Islamitiese profeet Mohammed as ‘n pedofiel en ‘n homoseksueel uitbeeld.
Chris Stevens was ‘n 52-jaar-oue man sonder vrou of kind.
‘n Onlangse “Gay Pride” viering by ‘n Amerikaanse ambassadelid in Islamabad, Pakistan, op Junie 26, 2011, het ‘n woedende reaksie van Moslem-groepe ontketen wat na bewering die geleentheid veroordeel het as ‘n daad van “kulturele terrorisme” gemik teen die land se Islamitiese waardes.
Nog steeds beskikbaar op die Amerikaanse ambassade se webwerf in Islamabad is notas van 75 mense, insluitend missiebeamptes, Amerikaanse militêre verteenwoordigers, buitelandse diplomate en leiers van Pakistani LGBT-groepe, wat die “gay pride” gebeurtenis van 26 Junie 2011, deur die saakgelastigde Ambassadeur Richard E. Hoagland, adverteer.
‘n Berig op 12 September op die Libanese nuusagentskap se webwerf Tayyar.org het aangedui dat Stevens gesodomiseer is voordat hy vermoor is, hoewel die verslag later van die webwerf verwyder is nadat Agence France Presse beswaar gemaak het dat die bron vals was.
Sondag, het Libië se president Mohamed Yousef El-Magariaf aan CBS se “Face the Nation” gesê dat die aanval op die Amerikaanse Konsulaat in Benghazi “vooruit beplan” was en heeltemal weerspreek wat die VN se Amerikaanse ambassadeur Susan Rice beweer, naamlik dat die aanval ‘n spontane reaksie op ‘n Internet-video was.
CNN het ook Sondag ‘n verslag gepubliseer waarin ‘n plaaslike sekuriteitsbeampte Amerikaanse diplomate in die stad gewaarsku het oor verslegtende veiligheidstoestand.
