Carlton-sentrum bomplanter pleeg selfmoord

‘n Aktivis wat in 1977 ‘n bom by die Carlton-sentrum in Johannesburg geplant het, het selfmoord gepleeg, het The Star Maandag berig.

Issac Mohlolo Siko, 63, is Donderdag by sy huis in Hammanskraal deur ‘n werker dood aangetref met ‘n skietwond in sy kop.

Die werker was in die huis besig toe sy die skoot gehoor het.

Siko se tweelingsuster, Irene, het gesê die familie sukkel om sy dood te verstaan omdat hy geen selfmoordbrief agtergelaat het nie.

“Ons weet nie wat het daartoe aanleiding gegee dat hy selfmoord gepleeg het nie. Ons probeer steeds sy dood verwerk,” het sy gesê.

Siko het op die oggend van 7 Desember 1977 ‘n bom laat afgaan voor ‘n restaurant by die Carlton-sentrum.

Verskeie mense is in die aanval beseer, insluitend Siko, wie se regterhand afgeblaas is.

Siko, ‘n voormalige student van die Universiteit van die Witwatersrand, is tot 12 jaar tronkstraf op Robbeneiland gevonnis vir die aanval.

Hy het destyds aan die hof gesê hy het die aanval uitgevoer met “die hoogste patriotiese motiewe” vir die beswil van beide sy mense en “vir die beswil van wit Suid-Afrikaners”.

Voor die Carlton Sentrum se bomaanval, het Siko ook in Soweto ‘n spreekkkamer wat deur ‘n wit dokter besit is, opgeblaas.

Hy het gesê die aanval was bedoel om die doeltreffendheid van sy bomme te toets en om die owerhede te dwing om die lewensomstandighede in Soweto te verbeter.

Siko het onlangs vroeg afgetree as uitvoerende bestuurder by die Defence Science and Technology Institute.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae