Palestynse ambassadeur na SA oorlede

Namens van die regering en die mense van Suid-Afrika, het president Jacob Zuma ‘n boodskap van meegevoel aan die regering en die mense van Palestina gestuur, na aanleiding van die afsterwe van die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Ali Halimeh. Ambassadeur Halimeh is Sondag in Pretoria oorlede.

President Zuma het gesê: “Die Suid-Afrikaanse regering het met skok en hartseer van die nuus van die afsterwe van ambassadeur Ali Halimeh oor die naweek in Pretoria verneem. Ons gedagtes en gebede is met die familie van die ambassadeur Halimeh, sowel as met die Palestynse mense. gedurende hierdie moeilike tyd.”

Die Suid-Afrikaanse Regering herbevestig sy verbintenis om voort te gaan om sy diplomatieke betrekkinge en solidariteit met Palestina uit te bou. Suid-Afrika identifiseer met die stryd van die Palestynse volk en gaan voort om die regte van die Palestyne te ondersteun om ‘n onafhanklike en lewensvatbare staat te skep.

Reëlings word getref vir die repatriasie van Halimeh se liggaam na Palestina.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae