Peter de Villiers, die Springbokke se voormalige bruin afrigter, het sy reënboogbril weer afgestof sodat hy kan sien hoe lyk swart. En hy sien nie genoeg daarvan in Heyneke Meyer se Springbok-vyftiental nie.
Volgens De Villiers is die huidige Bok-span te wit omdat daar slegs drie spelers van kleur ingesluit is in die span.
Meyer het drie swart spelers (Beast Mtawarira, Bryan Habana en Zane Kirchner) ingesluit vir verlede naweek se toets teen die All Blacks in Dunedin. Dieselfde aantal swartes, drie, (Gurthro Steenkamp, Habana en JP Pietersen) het verlede jaar in die Wêreldbeker-kwarteindwedstryd teen Australië uitgedraf in die span wat De Villiers gekies het.
Kennelik het die bruinman se wiskunde hom ook in die steek gelaat.
De Villiers het Maandag in ‘n onderhoud met Ballz Radio gekla dat Meyer nie daarin belangstel om spelers van kleur te kies nie. De Villiers die oomblik goed gekies aangesien Meyer onder kwaai druk verkeer oor die Bokke se swak vertonings.
“Dit is die klein goedjies wat my pla,” het die oud-breier gemaak nederig verklaar. In sy daaropvolgende uitleg van die “klein goedjies” blyk dit toe dat die kwessies eintlik reusagtig is: Ras en die samehang van Suid-Afrika!
“Ons moet weet in watter land ons woon en tans draai ons baie swart mense teen ons deur die span wit te maak en niemand wil oor hierdie dinge praat nie, maar ek moet. En dit is wat…eintlik breek ons weer die land uitmekaar.”
Hy het nie kommentaar gelewer op swart rassiste wat reeds ver gevorder het in hul pogings om die land uitmekaar te breek nie, en met kenmerkende ressentiment dit op die beleërde wit afrigter se brood gesmeer.
“Oral waar ek gaan sê die mense negatiewe goed oor die Springbokke,” het de Villiers gesê. Te oordeel aan die reaksie van wit rugbyliefhebbers, word die rasbewuste oud-afrigter uitgesonder vir nog meer negatiewe kommentaar.
Die Konings in die Oos-Kaap – die ANC-regime se bakermat – se insluiting is daarop gemik om die Afrikanerbeheer van die sport te ondermyn.
Die Leeus het voorheen alles in hul vermoë gedoen het om die reënboognasie ter wille te wees met ontwikkelingsprogramme, anti-rassisme maatreëls op Ellispark, en mediadekking vir swart spelers. Hul kruipery het duidelik nie indruk gemaak by swart besluitnemers of Watson nie.
