Die blanke Afrikanerslagoffer van die jongste skietery in Muldersdrift, André Jordaan (50), is na Baragwanath-hospitaal vervoer, maar daar is nie op hom geopereer nie, in weerwil van die sewe koeëls in sy liggaam. Nadat hy Donderdagaand deur ‘n swerwende bende swart rowers geskiet is, het die hospitaal in Soweto belowe om teen Vrydagoggend ‘n noodoperasie uit te voer.
Die operasie is egter nie gedoen nie en Jordaan het Saterdagaan om 22.05 gesterf. Sy gesin, wat Jordaan “soos ‘n held” beskerm het deur letterlik sy ligaam as skild teen ‘n deur te gebruik, wonder nou intens wat verkeerd geloop het. Sy seun Shaun het aan Beeld gesê: “Ons wil net weet wat fout gegaan het en is desperaat om antwoorde by die hospitaal te kry. My pa was Donderdag ná die skietery tot eergistermiddag nog baie sterk.”
Blykbaar het die hoof van Baragwanath belowe om die gesin oor die saak te kontak.
Jordaan is ten minste sewe keer deur ‘n toe deur geskiet terwyl hy gepoog het om sy gesin teen ‘n tipe militêre aanval deur ten minste vier swart rowers te beskerm. Muldersdrift is al ‘n ruk lank die toneel van ‘n oorlog teen huishoudings deur misdadigers en ANC-opgeleide krygers wat as die “Task Desk” bekendstaan. Vele van die aanvallers kom ook uit Zimbabwe en het moontlik opleiding in Mugabe se weermag ondergaan.
Die hele gesin van ses het in die kamer agter die deur weggekruip terwyl die aanvallers probeer het om dit af te breek. Afgesien van mnr. Jordaan, was daar sy seun Shaun (26), sy vrou Isabel (48), nog ‘n seun Kevin (23), tesame met dié se swanger vriendin Mariska (24) en Shaun se vrou Jeanine (23).
André Jordaan is verskeie kere geskiet, maar het steeds regop bly staan om met sy lyf teen die deur te leun. Hy is drie keer in die maag, twee keer in die bors, asook in die linkerarm en regterskouer raakgeskiet.
Soos vroeër berig is, is drie van die aanvallers Vrydag in hegtenis geneem en sal vandag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn. Die moordenaars is vermoedelik dieselfde as dié wat vir die moord op Alyssa Botha (13), ‘n leerling van Hoërskool Monument, verantwoordelik was toe haar gesin net ‘n paar huis van die Jordaans ‘n week vantevore aangeval is.
Daar heers meningsverskil oor die identiteit van die bende, aangesien sekere bronne beweer dat hulle reeds verlede week in hegtenis geneem is maar weer deur die polisie vrygelaat is.
