SAKP-lede het gesing en slagspreuke geskree. Ander het nagemaakte masjiengewere ter ondersteuning van Zuma gedra.
Hordes plaaslike en buitelandse medieverteenwoordigers het gepoog om Maandag toegang tot die hof te verkry. Slegs 20 sitplekke is aan die media beskikbaar gestel en vele is teleurgestel.
Regter Chris Nicholson sal die saak aanhoor, bygestaan deur advokaat Griffiths Madonsela en privaatprokureur Ranjit JP Purshotam.
Hotelle en gastehuise in die stad is vol bespreek.

06:54:50 Volgens die Instituut vir Sekerheidstudies behoort sekswerk gedekriminaliseer te word en deur dieselfde arbeidswetgewing as ander sektore van die ekonomie gereguleer te word.
06:49:23 Die leier van die Zimbabwiese opposisie, Morgan Tsvangirai, het gister gesê hy is tevrede met die manier waarop die samesprekinge met Zanu-PF verloop.