Rand versterk teen die verwagting in

06:41:59 Die rand hou aan om teen die hoofgeldeenhede te versterk, ondanks hoë inflasie in Suid-Afrika wat die eenheid se plaaslike koopkrag ondermyn.

Dit is laas gekwoteer op R7,30 per dollar, R11,36 per euro en R14,47 teen die Britse pond.

Volgens handelaars is buitelanders besig om rande op te koop om by ons hoë rentekoerse te baat. Sentiment oor ontluikende markte is ook besig om te verbeter.

'Die handelstekort was kleiner as wat verwag is en het insgelyks die rand 'n hupstoot gegee. Aan die ander kant was verbruikersinflasie erger as die vooruitskattings, maar is deur beleggers geïgnoreer.

Die rand blyk besonder sterk teen die euro te wees, en het reeds vanaf vlakke bokant R12 per euro verstewig.

траверсы дляФильчаков Александр Васильевич