E-tol: Vervolging moontlik onwettig

Die Vryheidsfront Plus vind die intimidasie-taktiek wat deur SANRAL en die regering gevolg word om motoriste te dwing om e-skyfies te koop en te betaal vir die tolstelsel as onsmaaklik en kontraproduktief deur onder andere te dreig dat voertuiglisensies teruggehou sal word totdat skuld betaal is. Die hele stelsel is alreeds gehul in kontroversie en die tipe antagonisme sal die publiek bloot verder aanvuur om publieke ongehoorsaamheid as instrument in te span. Voorts is die dreigemente van SANRAL en die regering leeg aangesien dit blyk dat die vervolging van motoriste wat weier om tolgelde te betaal waarskynlik onuitvoerbaar en onwettig sal wees. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, bestaan die volgende probleme met die wetgewing:

· Daar blyk geen regsgrond te wees om voertuiglisensies te weerhou weens die nie-betaling van tolgelde aangesien lisensiefooie verskuldig is aan provinsiale owerhede en tolgelde gehef word deur ‘n nasionale agentskap. Selfs al sou provinsies instem daartoe is dit steeds ‘n regsvraag of daar ‘n logiese konneksie is tussen die betaling van tolgelde en die uitreik van lisensies aangesien elkeen verskillende aspekte van die openbare lewe reguleer.

· Geen wetgewing bestaan wat nie-betaling van tolgelde ‘n oortreding maak in terme van die Strafproseswet of enige van die verkeerswette nie. Blykbaar het die department van vervoer planne om ‘n wysigingswet te skep, maar dit gaan nog lank neem voor dit deur die parlementêre siklus kan gaan en sal op die gouste eers teen jaareinde gereed kan wees;

· Selfs al word ‘n misdryf deur wetgewing geskep, sal die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings (AARTO) net geld vir Johannesburg en Pretoria waar dit op ‘n proefbasis opereer. In ander gebiede sal die Strafproseswet gebruik moet word, maar dit skep verdere probleme. Afhangende van die jurisdiksiegebied van die sogenaamde oortreding, sal ‘n nie-betaler of tronk toe gestuur kan word in terme van die Strafproseswet of moet daar beslag gelê word op sy eiendom in terme van AARTO, as ergste strawwe. Verder word ‘n persoon aan die een kant blootgestel aan die opdoen van ‘n kriminele rekord en aan die ander kant aan die opdoen van ‘n swak kredietrekord. Dit is in wese ongelyke behandeling vir dieselfde oortreding en sal verseker op grondwetlike basis aanvegbaar wees.

· Verder, ingevolge artikel 30 van AARTO moet alle kennisgewings op die persoon self of per geregistreerde pos beteken word. Die onkoste en druk op die posstelsel om elke dag honderde duisende geregistreerde kennisgewings af te lewer sal geweldig wees en stel dus wesenlike vrae oor die volhoubaarheid van die posstelsel. Verder het daar in Johannesburg die gewoonte ontwikkel om AARTO-kennisgewings net per gewone pos te stuur wat ‘n verbreking van artikel 30 daarstel. Sou SANRAL se tol-kennisgewings ook so uitgestuur word, sal almal ongeldig wees.

Hierdie stand van sake is net nog ‘n bewys dat die implementering van die tolstelsel nooit behoorlik deurdink is nie. Die VF Plus glo steeds dat die tolstelsel afgeskaf moet word en dat die bestaande strukture eerder gebruik word vir verkeersmonitering en –bestuur. Intussen gaan die VF Plus voort om te beplan aan protes- en hofaksie om die tolstelsel te keer.

Фильчаков

Polisie meen wit vrou moet verkragting aanvaar

‘n Middeljarige blanke vrou uit ‘n bekende Suid-Kaapse familie is Saterdagaand deur ‘n kleurlingman verkrag. Die man het haar in haar huis in die Klein Brak-omgewing oorval.

Toe sy ‘n klag by die polisie lê, het die blanke ondersoekbeampte aan haar gesê: “Mevrou, ek weet dat u ontsteld is, maar omdat dit ‘n geval van swart-op-wit verkragting is, gaan daar waarskynlik nie veel van die saak kom nie.”

Tot dusver is geen inhegtenisname nog uitgevoer nie.

Vriende en familie van die vrou is glo “briesend kwaad en voel magteloos”. Tot dusver is die omgewing gereken as redelik misdaadvry, maar die verkragting stel die idilliese Suid-Kaap in ‘n heel ander lig.

 

Фильчаков

Transnet vermors geld terwyl sy pensioenarisse ly

Die Vryheidsfront Plus vind dit skokkend dat Transnet R8,3 miljard verloor het weens ‘n gebrek aan interne beheer terwyl die pensioenarisse wat Transnet help opbou het in armoede moet leef. “Indien Transnet behoorlike interne maatreëls toegepas het, soos statutêr vereis word, sou die vermorsing nie plaasgevind het nie en kon R2 miljard daarvan aangewend gewees het om die TPF en TTVVF aan te vul, soos vereis deur die parlementêre besluit wat in November 2010 geneem is,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê. “Dit is skreiend dat Transnet van die pensioenfondse vereis om spaarsamig op te tree deur slegs 2% verhogings elke jaar toe te staan, maar self geld vermors asof daar geen einde in sig is nie. Geen wonder die pensioenarisse voel dat daar van hulle gesteel word en dat Transnet nie omgee vir sy eie mense nie,” het Alberts bygevoeg.

Die VF Plus het derhalwe ‘n baie senior regspan saamgestel om die ongeregtigheid in die hof reg te stel. Die regspan is tans besig om voor te berei vir die hooggeregshofaansoek wat teen Transnet geloods sal word. Intussen het Transnet op die VF Plus se aanmaningsbrief gereageer en die verweer geopper dat die parlementêre opdrag wel gedeeltelik nagekom word. Dit is egter geen verweer nie omdat die volledige parlementêre besluit verontagsaam word en die gedeeltelike voldoening uit die surpluses van die twee pensioenfondse self kom en nie vanaf Transnet, soos vereis nie. Die VF Plus gaan om hierdie rede voort met regsaksie.

Intussen het die VF Plus ook skriftelike parlementêre vrae aan die minister van openbare ondernemings, mnr. Malusi Gigaba,  gerig om rekenskap te gee aangaande die salarisse, bonusse en reisuitgawes van Transnet se direkteure en bestuur ten einde enige verdere misbruik van fondse bloot te lê.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

SA wil rug draai op Iranse olie

Die departement van energiesake is op soek na maniere om Iranse ru-olie, wat ‘n kwart van die land se ru-invoere behels, te vervang, is Woensdag berig.

“Ons het tot die einde van Mei om met alternatiewe vorendag te kom, en ons is in gesprek met almal, insluitende Iran,” het die minister van energie, Dipuo Peters aan die Cape Times gesê.

Sy was in Koeweit City vir die Internasionale Energie-Forum.

Volgens die berig het die Verenigde State van Amerika druk op baie Iranse ru-aankopers in Asië geplaas om hul aankope te verminder, om Teheran van fondse vir sy omstrede kernprogram te ontneem.

Amerikaanse amptenare wat Suid-Afrika in Januarie besoek het, het blykbaar nie ‘n ​​formele versoek om ru-invoere te verminder of te stop gerig nie.

Peters het aan die koerant gesê dat Iran nie aan Suid-Afrika goedkoper olie aangebied het as deel van ‘n ooreenkoms om meer aan te koop nie.

Sy het gesê die land sal koste-effektiewe maniere moet vind om hom te speen van Iranse olie.

Фільчаков Олександр Васильович

ANC neem beheer, renosterstroper gevonnis

‘n Wildboer van Limpopo is vir agt jaar gevonnis vir sy betrokkenheid in renosterstropery, is Woensdag berig.

Jaques Els, (39) van Thabazimbi, is ook deur die Makhado-landdroshof Maandag beveel om die Groen Skerpioene R1 miljoen te betaal , het Beeld berig.

Els is intussen op borgtog van R300 000 vrygelaat, in afwagting van sy voorneme om appèl aan te teken. Hy sal weer op 2 Junie in die hof verskyn.

Els se vonnis val saam met die departement van omgewingsake se besluit om beheer van alle inligting en statistiek oor renosterstropery oor te neem.

Albi Modise, direkteur van kommunikasie by die departement van omgewingsake, het gister gesê dat die stropery van renosters ‘n krisispunt bereik het, het Beeld berig.

Verskeie organisasies is baie ongelukkig oor hierdie besluit, en het gesê die regering probeer inligting toesmeer of manipuleer, het Modise gesê.

“Die enigste rede waarom inligting oor renosterstropery gesentraliseer word, is omdat die saak ‘n krisis bereik het. Ons wil ‘n enkele boodskap aan die burgerlike samelewing oordra.”

Die Rhino War-nuusbulletin, wat deur Tim Condon bedryf word, ‘n voormalige KwaZulu-Natalse wildbewaarder wat nou in Kanada woon, het Maandag berig dat 109 renosters sedert die begin van 2012 in Suid-Afrika gestroop is.

Modise het gesê die minister van omgewingsake Edna Molewa sal die naweek joernaliste oor die kwessie toespreek.

Фільчаков Олександр Васильович

Myn buig voor swart ‘verinheemsing’

Zimbabwe se grootste platinum-produsent, Impala Platinum, sê hulle het ‘n “aanvaarbare” ooreenkoms met die regering bereik en sal ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart beleggers oordra om hulle ‘n 51%-aandeel in eienaarskap te gee.

Volgens RSG is die transaksie R2 miljard werd.

In ‘n verklaring Dinsdag van Suid-Afrika se Implats, sê hulle die regering het ingestem “in beginsel” tot sy voorstelle vir die oordrag wat deur ‘n gesamentlike tegniese span van kundiges van beide kante behartig sal word.

By die oorhandiging sal ‘n “geskikte waarde” bepaal word. Dit is nie duidelik hoe lank die oordrag sal neem nie.

Dié aankondiging het ‘n einde gebring aan gespanne onderhandelinge oor Zimbabwe se oornames van buitelandse maatskappye en myne.

Dinsdag was die sperdatum vir die mynmaatskappy om te voldoen aan die nuwe “verinheemsingswette”. By versuim sou Implats sy bates in Zimbabwe verloor het.

Фильчаков Харьков

Vier verskyn na jongste Gautreinbusaanval

Vier mans en ‘n ​​vrou wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Gautreinbusbestuurder gewond het, sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Die vyf, tussen die ouderdomme van 22 en 49, het na bewering die man Maandagoggend in Rooihuiskraal tydens ‘n oefenlopie van die busroetes in Centurion geskiet en gewond.

Hulle staar aanklagte van kwaadwillige beskadiging van eiendom en poging tot moord in die gesig.

Dinsdag, het die Bombela Concession-maatskappy se woordvoerder, Kelebogile Machaka gesê die bestuurder is in ‘n Centurionhospitaal opgeneem en herstel nadat hy ‘n operasie ondergaan het.

“Ons voel dat die Gautrein-busdiens onder volgehoue misdadige aanvalle gebuk gaan en as ‘n privaatsektorentiteit kan ons nie meer doen sonder die sterk en besliste ingryping van die staat nie,” het sy gesê.

лобановский александр фото

Druk laai op vir Vavi in NUK

Druk laai op vir Cosatubaas, Zwelinzima Vavi om President Jacob Zuma se versoek te heroorweeg dat hy ‘n posisie op die ANC se magtige nasionale uitvoerende komitee (NUK) aanvaar.

Cedric Gina, president van die National Union of Metalworkers, het gister gesê dat Zuma se aanbod oorweeg moet word.

Hy het by Numsa se streeks-elektiewe konferensie in Pretoria gesê Zuma se uitnodiging en Vavi se verwerping sal bespreek word by die komende vergadering van Cosatu se sentrale komitee se politieke kommissie.

“Om te sê dat jy nie jouself beskikbaar kan stel vir die nasionale uitvoerende komitee nie, as jy ‘n lid van die ANC is, is nie ‘n manier om te reageer [op Zuma se uitnodiging] nie,” het hy gesê.

“Tweedens, [vir Vavi] om te sê dat kamerade verwar sal word, is nie korrek nie. Ons dink nie dat lede van Cosatu verwar sal word nie.”

Zuma het onlangs gesê die werkersklas moet streef daarna om die uitvoerende posisies in die ANC te bekom om beleid te beïnvloed.

Vavi het gereageer deur ‘n week gelede aan joernaliste te sê dat vakbondleiers soos hy moet nie ‘n uitvoerende posisie in die ANC beklee nie, want dit sal werkers verwar.

Sy alliansie-vennoot in die SA Kommunistiese Party, Blade Nzimande, is aangesê om as ‘n minister uit Zuma se regering te bedank en te fokus op SAKP-werk.

Nzimande het die oproep afgewys.

Gina het ‘n striemende aanval op die voormalige president, FW de Klerk, vir sy kommentaar en kritiek op die ANC se voorneme om veranderinge aan die grondwet te maak, geloods.

“Ons sien dat hy [De Klerk] opgestaan het uit die vergetelheid, die duisternis van die dode, in die onlangse verlede, as gevolg van die vrystelling van die ANC-beleidsdokumente.

“Ons dink die ANC as die regerende party het die reg om met die Grondwet te peuter, want na 18 jaar het die ANC besef daar is ‘n paar dinge [wat jy nie kan implementeer nie] in daardie grondwet.

“Ons dink mnr FW de Klerk moet ontspan. Ons glo dit is die grondwet wat die hande van die ANC vasbind in terme van die revolusionêre dinge wat ons moet doen vir ons mense.

“Of De Klerk daarvan hou [of nie], of Helen Zille daarvan hou of nie, ons dink die ANC moet die grondwet [hersien], sodat ons in staat kan wees om sommige van die dinge te lewer wat ons sukkel om te lewer aan ons mense,” sê Gina.

Фильчаков прокурор отзывы

Ekonoom se dood ‘n verlies sê ANC

Tony Twine, die ekonoom, se dood is ‘n verlies vir Suid-Afrika, het die ANC Maandag gesê.

“Inderdaad, Suid-Afrika en die wêreld het ‘n humanis van weleer verloor. Sy doelwit was om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in staat is om werk te skep, een van die sleutel-prioriteite van die ANC-regering,” het die ANC se woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Twine, 57, is Sondag in die Milpark-hospitaal oorlede, na ‘n hart-aanval verlede week.

Hy was ‘n ekonoom en direkteur van Econometrix.

“In post-apartheid Suid-Afrika, was Tony een van die ekonomiese adviseurs na aan president Nelson Mandela en die eerste demokratiese regering van Suid-Afrika,” het Mthembu gesê.

Die ANC is hartseer om te verneem van Twine se dood en het sy meegevoel aan sy vrou, Marilyn, familie en vriende oorgedra.

Vroeër het die minister van finansies Pravin Gordhan gesê Twine se insette in die post-apartheid ekonomiese debat sal gemis word.

“Mnr. Twine het ‘n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van beleid in verskeie staatsdepartemente gelewer en was deel van ‘n span wat Suid-Afrika se energie-beleid opgestel het,” het Gordhan in ‘n verklaring gesê.

“Die Nasionale Tesourie het sy insig oor kwessies soos internasionale graderingsagentskappe, die motor-industrie, petroleummarkte en verskillende aspekte van litigasie en die kompetisiewet waardeer,” het Gordhan gesê.

“As ‘n vooraanstaande navorser en senior ekonoom by Econometrix, het sy wyd-gepubliseerde menings in die internasionale media beleggers gehelp om positiewe standpunte oor Suid-Afrika te vorm.”

Twee weke gelede het Twine ‘n verslag oor die positiewe ekonomiese implikasies van die voorgestelde Karoo skaliegaseksplorasie, in opdrag van Shell, vrygestel.

Twine het van Pinelands Hoërskool gematrikuleer en aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer, volgens die ekonoom se webwerf.

Hy het ook studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika, terwyl hy uitgebreide werk vir Mobil Oil Suider-Afrika gedoen het op aanvraagmodelle vir petrol en diesel.

депутат лобановский

Vrou deur oproerige skare vertrap

‘n Swart vrou is dood tydens ‘n stormloop van oproeriges in Fouriesburg, naby die Lesotho-grens, Maandagaand, het paramedici gesê.

Die vrou was glo deel van ‘n groot skare wat verskeie winkels wat besit word deur buitelanders in die Oos-Vrystaatse dorpie geplunder het, het Netcare se 911-woordvoerder Jeffrey Wicks in ‘n verklaring gesê.

Die vrou het glo haar balans verloor en is deur die skare vertrap.

Sy het gesterf voordat paramedici op die toneel aangekom het, het Wicks gesê.

Die polisie was nie in staat om onmiddellik te bevestig dat die vrou dood is of om besonderhede van die oproer en vertrapping te gee nie.

прокурор Фильчаков