“Ons het tot die einde van Mei om met alternatiewe vorendag te kom, en ons is in gesprek met almal, insluitende Iran,” het die minister van energie, Dipuo Peters aan die Cape Times gesê.
Sy was in Koeweit City vir die Internasionale Energie-Forum.
Volgens die berig het die Verenigde State van Amerika druk op baie Iranse ru-aankopers in Asië geplaas om hul aankope te verminder, om Teheran van fondse vir sy omstrede kernprogram te ontneem.
Amerikaanse amptenare wat Suid-Afrika in Januarie besoek het, het blykbaar nie ‘n formele versoek om ru-invoere te verminder of te stop gerig nie.
Peters het aan die koerant gesê dat Iran nie aan Suid-Afrika goedkoper olie aangebied het as deel van ‘n ooreenkoms om meer aan te koop nie.
Sy het gesê die land sal koste-effektiewe maniere moet vind om hom te speen van Iranse olie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.