Onmiddellike faktore dra by tot hierdie opwaartse druk, ook Iran se dreigemente om die Persiese Golf-roete af te sny, vrese vir ‘n nuwe Midde-Oosterse oorlog en onrus in die energie-ryke Nigerië. Hierdie druk kan dalk verlig word in die maande wat voorlê, en tydelike verligting by die vulstasie verskaf.
Maar die vernaamste oorsaak van hoër pryse is ‘n fundamentele verandering in die struktuur van die olie-industrie en kan nie omgekeer word nie. Oliepryse is bestem om hoog te bly, sê die produsente.
Die era van “maklike olie” in die taal van die industrie-ontleders, is verby. Met ander woorde, die aard van die olie wat ‘n verbysterende uitbreiding van globale welvaart oor die afgelope 65 jaar bewerkstellig het, is amper uitgeput.
Dis wel waar dat die wêreld nog oor groot reserwes van petroleum beskik, maar dit is van die moeilike soort, moeilik bereikbaar, moeilik om te verfyn. In kort, “moeilike olie”. Van nou af sal elke vat wat ons verbruik duurder wees om te ontgin, duurder om te verfyn, en duurder by die vulstasie.
Diegene wat beweer dat die wêreld “oorspoel” is met olie, is tegnies korrek. Maar propagandiste vir die olie-industrie versuim om te beklemtoon dat nie alle oliereservoirs dieselfde is nie.
Sommige is naby aan die oppervlak of naby aan die strand geleë, ander diep onder die grond, ver in die koue, of vasgevang binne onwrikbare rotsformasies. Laasgenoemde kan slegs ontgin word deur duur, omgewingsgevaarlike tegnieke.
Die eenvoudige waarheid van die saak is dit: Die meeste van die wêreld se maklik reserwes is reeds uitgeput, behalwe in oorloggeteisterde lande soos Irak. Feitlik al die olie wat oorgebly het is in moeiliker plekke om te bereik.
Dit sluit in diepsee-olie, Arktiese olie, en skalie-olie, asook die Kanadese “olie-sand”. Die sogenaamde “tar sands” van Alberta is ‘n mengsel van modder, sand, en teer. Sogenaamde onkonvensionele reserwes van hierdie tipes kan benut word, maar dikwels teen ‘n verbysterende prys, nie net in dollars nie, maar ook in die skade aan die omgewing.
Die voorsitter en hoofuitvoerendebeampte van Chevron, David O’Reilly, het in ‘n 2005-brief gepubliseer in baie Amerikaanse koerante, dit duidelik gestel: “Een ding is duidelik,” het hy geskryf, “die era van maklike olie is verby.” Nie net is baie bestaande olie-velde in verval nie, maar “nuwe energie-ontdekkings kom hoofsaaklik voor in plekke waar hulpbronne moeilik is om te ontgin, fisies, ekonomies, en selfs polities.”
Verdere bewyse vir hierdie verskuiwing is deur die Internasionale Energie-agentskap (IEA) in ‘n 2010-hersiening van die wêreld olie-vooruitsigte gelewer. Die resultate was oorweldigend: Oor die volgende 25 jaar, sal 52 miljoen vate per dag van die wêreld se olievoorrade verdwyn, of ongeveer 75% van die huidige wêreld se ru-olieproduksie.
Daardie pomppryse gaan nie gou daal nie…
