Polisie meen wit vrou moet verkragting aanvaar

‘n Middeljarige blanke vrou uit ‘n bekende Suid-Kaapse familie is Saterdagaand deur ‘n kleurlingman verkrag. Die man het haar in haar huis in die Klein Brak-omgewing oorval.

Toe sy ‘n klag by die polisie lê, het die blanke ondersoekbeampte aan haar gesê: “Mevrou, ek weet dat u ontsteld is, maar omdat dit ‘n geval van swart-op-wit verkragting is, gaan daar waarskynlik nie veel van die saak kom nie.”

Tot dusver is geen inhegtenisname nog uitgevoer nie.

Vriende en familie van die vrou is glo “briesend kwaad en voel magteloos”. Tot dusver is die omgewing gereken as redelik misdaadvry, maar die verkragting stel die idilliese Suid-Kaap in ‘n heel ander lig.

 

Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae