‘Mynbase het AMCU geskep’

Die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande , sê mynbase is verantwoordelik vir die totstandkoming van die mynwerkersvakbond, AMCU.

Hy sê AMCU het net voor die Marikana-tragedie in Augustus eers kop uitgesteek. Nzimande het alle affiliasies van die vakbondfederasie, Cosatu, aangemoedig om die mynwerkersunie, die NUM te steun.

Hy het by ‘n Rooi Oktober-saamtrek by die Universiteit van Venda in Limpopo verwys na die wydverspreide onbeskermde stakings in die mynbedryf.

Nzimande sê die SAKP verwerp die bewerings dat wat in Marikana gebeur het, die NUM se skuld was of dat dit die gevolg was van bakleiery tussen twee vakbonde. Hy sê AMCU word deur werkgewers ondersteun om die NUM te verswak.

Intussen het die NUM die polisie daarvan beskuldig dat hy traag is om diegene in hegtenis te neem wat verantwoordelik is vir die dood van sy lede by myne by Rustenburg in die Noordwes.

Dit volg na die moord Saterdag op iemand by ‘n mynhostel op Marikana. Die woordvoerder van die NUM, Lesiba Seshoka, sê dit wil voorkom asof die moordenaars iemand anders in oog gehad het. Hy sê sy lede word sedert die Lonmin-staking by Marikana toenemend geteiken en dat hulle lewens voortdurend in gevaar is.

Данильченко Харьков

Word Tutu vergoed vir sy uitlatings oor Blair?

Is die “beginselvaste” stryder teen apartheid, emeritus aartsbiskop Desmond Tutu betaal vir sy onlangse uitlatings teen Tony Blair se onwettige besluit om Irak binne te val?

Die Mo Ibrahim-stigting gaan ‘n eerbewys en R8,5 miljoen aan Tutu gee uit erkenning vir sy “lewenslange toewyding daaraan om die owerhede die waarheid te vertel”. Die enorme bedrag sal later vanjaar by die jaarlikse Ibrahim-besprekingsforum in Dakar, Senegal, aan Tutu oorhandig word.

Mo Ibrahim, voorsitter van die stigting, het dié aankondiging gister op ‘n mediakonferensie by die Hyatt Regency-hotel in Rosebank, Johannesburg, gedoen.

Die lofprysinge vir die swart profeet het gereën by die geleentheid. “Hy is een van Afrika se groot stemme vir geregtigheid, vrede, demokrasie en verantwoordelike regering,” het Ibrahim gesê.

Hy het gesê Tutu gee die afgelope 50 jaar ‘n stem aan die onderdruktes en praat altyd “die ongemaklike waarheid”. Tutu se “integriteit en morele verhewendheid” verdien dié erkenning, sê die stigting.

лобановский харьков

Arbeidsonrus kry momentum

Samwu, die munisipale werkersvakbond, wil die “die land verlam” as plaaslike regerings nie gehoor gee aan salariseise nie. Intussen het onderhandelings om die gewelddadige vragmotorbestuurderstaking te beëindig, in duie gestort.

Samwu se staking volg nadat arbeidsonrus meer as ‘n maand gelede in die mynbedryf begin het en na die vragvervoerbedryf uitgebrei het.

Vakbonde het die laaste aanbod van die Padvragvereniging (RFA) van die hand gewys in die derde ronde van onderhandelinge. Geen verdere vergaderings word in die vooruitsig gestel nie.

Intussen is nog vyf vragmotors Donderdag aan die brand gesteek. Stakers het ‘n vragmotor by die N12-snel-weg naby Elandsfontein, Germiston, met ‘n petrolbom aangeval.

Die bestuurder en twee passasiers is aangerand. Die verkeer van Kempton Park na Johannesburg het sowat drie uur lank tot stilstand gekom. Net twee bane was in die teenoorgestelde rigting oop.

‘n Vragmotor is in Railway-straat in Germiston aan die brand gesteek. Die bestuurder het gevlug, maar die pad tussen Park- en Plantationweg is steeds gesluit.

Nog ‘n petrolbomaanval is op ‘n vragmotor in Wadeville geloods en in Heidelbergweg in Roodekop is ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Die paaie is steeds gesluit en die bestuurders het gevlug.

Die nasionale woordvoerder van Samwu, sê sowat 5 000 munisipale werkers van Limpopo sal Vrydag in Pietersburg aan ‘n massaprotesoptog na die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga), die departement van samewerkende regering en die polisie se hoofkantoor deelneem.

“Teen volgende week sal meer as 190 000 lede landwyd staak,” het die vakbond belowe.

 

 

Олександр Васильович Фільчаков

Wit vrou skiet aanvaller

‘n Wit vrou het ‘n swart inbreker in haar huis in Margate, KwaZulu-Natal, doodgeskiet, het die polisie gesê.

Kapt. Thulani Zwane sê twee mans, wat met messe gewapen was, het die 39-jarige vrou aangeval terwyl haar man nie tuis was nie.

“Nadat sy ernstig aangerand is, het die mans haar besittings begin steel,” het hy gesê.

Die vrou het daarin geslaag om haar man se vuurwapen in die hande te kry, waarna sy een van die inbrekers geskiet het. Die ander inbreker het op die vlug geslaan.

Sy het die polisie in kennis gestel en is later na ‘n hospitaal geneem.

‘n Vyf-en-twintigjarige man is op die toneel dood verklaar. Sy medepligtige, ‘n 27-jarige man, is later in Uvongo vasgetrek.

‘n Mes en sommige van die gesteelde items is in sy besit gevind. Hy sal binnekort in die Ramsgate-landdroshof verskyn.

Фильчаков прокуратура харьков

Staking, geweld kring al wyer uit

Vreemde stilte heers daar by die Afrikaanse mediamonopolie oor Suid-Afrika se staking wat in volle swang is. Die munisipale werkers in Limpopo loop vandag in hul duisende om aan te sluit by die stakers in mynbou en vervoer.

Die geweld, chaos en onsekerheid, verhoog deur die R12 500-belofte, is besig om reeds ‘n sinkende ekonomie lelik verder te knou.

Die Tesourie, soos die mediamonopolie, blyk nie in staat te wees om die finansiële uitwerking van die stakings te kwantifiseer nie. Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat ons die ontrafeling van die belangrikste sektore van die ekonomie gadeslaan.

Tekens van die gebrek aan vertroue is oral.

Moody’s het gister die kredietgraderings van ‘n aantal van die groot maatskappye en staatsbeheerde entiteite verlaag wat dit duurder maak vir hulle om te leen. Telkom, Eskom en Gold Fields is onder diegene wat hard getref word daardeur.

Die Tesourie sukkel reeds om die Suid-Afrikaanse Lugdiens drywend te hou en het slegs as borg vir ‘n lening van R5 miljard ingestaan vir die lugredery.

Hoewel die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en Rob Davies, minister van Handel en Nywerheid, die afgelope maande probeer om beleggers gerus te stel dat Suid-Afrika steeds ‘n goeie plek is om sake te doen, is die skrif aan die muur.

Volgens die National Union of Mineworkers se woordvoerder Lesiba Seshoka, is onwettige stakings waarin meer as 100,000 werkers deelneem aan die gang by nie minder nie as agt maatskappye:

AngloGold Ashanti, Gold Fields (op sy KDC-Ooste en Beatrix myne), Anglo Platinum, Petra Diamonds, in Northern Cape, Petmin, in KwaZulu-Natal, Bokoni-platinummyn, Limpopo, Samancor Chrome Western Mine, en Gold One.

Noordwes se polisie-woordvoerder Brigadier Thulani Ngubane het gesê dat slegs een dood toegeskryf kan word aan die voortgesette myngeweld. “Die liggaam van ‘n 22-jarige man is op Maandagoggend gevind.”

Die groep is na bewering daarvan beskuldig dat hulle werk, terwyl ‘n staking uitgeroep is en hulle is met pangas en ander wapens aangeval. Twee van die drie het daarin geslaag om te ontsnap, maar hul vriend is vermoor.

Hy het gesê dat die ander vier moorde verband hou met ‘n taverne stryd, ‘n tradisionele seremonie en ‘n vermeende rooftog.

Janee, gelukkig nie die staking nie. Dié rekening moet nog vereffen word.

лобановский александр биография

Cwele nog nie agter tralies nie

Die veroordeelde dwelmhandelaar Sheryl Cwele het nog nie by ‘n korrektiewe diensfasiliteit aangemeld nie, het die departement gesê.

Dit volg nadat haar appèl teen haar skuldbevinding misluk het.

Nokuthula Zikhali, ‘n woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê die departement wag steeds vir haar aankoms.

Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, se eksvrou en haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa, se appèlle is Maandag van die hand gewys. Hul vonnisse is ook van 12 jaar na 20 jaar verleng.

Mev. Cwele (50) moet haar binne drie dae ná dié beslissing aan owerhede oorhandig.

Фільчаков прокурор

Vragmotors in ligte laaie gelaat tydens staking

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek twee gevalle van brandstigting nadat vragmotors beskadig en aan die brand gesteek is, het die polisie Dinsdag gesê.

Ao. Dumile Gwavu sê ‘n afleweringsvragmotor is Maandag in Wells Estate, Port Elizabeth aan die brand gesteek.

“‘n Groep betogers het na bewering met klippe van die huise in Wells Estate aangekom. Hulle het die vragmotor met die klippe gegooi. Die bestuurder en ‘n passasier het weggehardloop en ‘n petrolbom is minute later na die vragmotor geslinger.”

Die bestuurder en die passasier is ongedeerd. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

In Uitenhage het twee mans bottels met brandstof na ‘n vragmotor gegooi en dit aan die brand gesteek. Niemand is beseer nie.

“Ons is nie seker of die voorvalle met die voortslepende staking verbind word nie,” het Gwavu gesê.

Die Wes-Kaapse polisie het vroeër gesê ‘n vragmotor het op die N2-hoofweg in Kaapstad omgeslaan nadat dit met klippe bestook is.

Volgens lt. kol. Andrè Traut is die vragmotor om een of ander rede deur misdadigers geteiken.

Niemand is beseer nie en geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie.

Merle Lourens, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersdienste, het gesê ‘n tweede vragmotor is by die Borcherds Quarry-afrit aan die brand gesteek.

Die N2-hoofweg sal by dié afrit en die R300-kruising gesluit wees terwyl die vragmotors weggesleep word.

Dit is nie bekend of die geweld met die staking in die vervoerbedryf gepaardgaan nie, maar dit is waarskynlik die geval.

‘n Memorandum is aan die bedingingsraad vir vervoer en vrag in Braamfontein, Johannesburg, oorhandig.

Die staking het ‘n week gelede begin. Vragmotorbestuurders wil ‘n salarisverhoging van 12% hê.

топкарго

Nog ‘n restaurant in Brits aangeval

Restaurante in Brits het nou die teiken van rowers geword nadat ‘n tweede eetplek binne agt dae deur gewapende rowers binne geval is.

Volgens mnr Floris Smith, eienaar van die Spur in Brits, het daar vanoggend omstreeks 8h00 drie mans binnegestap en gevra of hulle al oop is. Die mans het vuurwapens te voorskyn gebring, die personeel gedwing om die kluis oop te sluit en het met die buit gevlug.

Te midde hiervan dink Suid-Afrika ook die week aan sy wêreldkampioenbokser wat vandag in Pretoria begrawe word.

Corrie Sanders wat in 2003 die titel ontvang het, was ook in ‘n restaurant in Brits toe vermeende rowers die plek binnegestorm en blindelings begin skiet het. Sanders, wat sy nefie se verjaarsdagpartytjie bygewoon het, is getref. Hy het ‘n paar uur daarna aan sy wonde in die Kalafong-hospitaal in Pretoria beswyk.

Rdl. Lourens het die voorvalle veroordeel en die hoop uitgespreek dat vandag se rowers ook so gou moontlik vasgetrek word.

“Rowers het arrogant geword. Hulle slaan helder oordag op eetpekke toe en buit wat hulle kan.”

депутат лобановский

Cwele sit 20 jaar langer na die ywer van ‘n wit ma

Sheryl Cwele en haar medebeskuldigde se tronkstraf is tot 20 jaar verleng, danksy die voorgesette ywer van ‘n wit ma.

Cwele, die voormalige vrou van die minister van Staatsveiligheid, Siyabonga Cwele, en Frank Nabolisa, ‘n Nigeriese burger, het saamgesweer om dwelms te verhandel en is ook skuldig aan aanhitsing tot die handel in gevaarlike middels.

Cwele het die werwing van ‘n wit meisie, Tessa Beetge, wat byna agt jaar tronkstraf in Brasilië uitdien, behartig, asook die van Charmaine Moss, ‘n ander staatsgetuie. Beetge se ma het die saak teen Cwele gedryf.

Sheryl Cwele en Frank Nabolisa is in Mei 2011 aan dwelmhandel skuldig bevind. Hulle is aanvanklik tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis.

Cwele (50) het teen haar skuldbevinding geappelleer, terwyl Nabolisa teen sy skuldbevinding en vonnis appèl aangeteken het.

Die appèlhofpresident Lex Mpati het gesê in hierdie geval was dit net deur die moed en vasberadenheid van Tessa Beetge se ma dat die werklike skuldiges aangekeer is. Die Appèlhofuitspraak het bevind dat Cwele en Nabolisa, deur betrokke te wees in die dwelmhandel, hulle versoen het om die saad van vernietiging te saai, direk en indirek, in die lewens van ‘n aantal mense, insluitende kinders.

Volgens die hof het Nabolisa Beetge gestuur na Suid-Amerika om kokaïen in te samel en dit terug te bring na Suid-Afrika. “Dit is die enigste redelike afleiding uit die totaliteit van die bewese feite,” het die regter gesê.

Die Appèlhof het bevind dat Cwele as ‘n gekwalifiseerde verpleegkundige moes geweet het van die inherente gevare van die gebruik van dwelms.

“Tog was sy ‘n gewillige meeloper in die pleging van die misdaad, wat bevriend geraak het met en kwesbare vroue in die bevordering van die kriminele onderneming gejag het.”

Die regter het gesê die “afleiding was onomwonde [dwingend]” dat Cwele moes geweet het dat Beetge gevra is om kokaïen na Suid-Afrika te bring.

данильченко юрій броніславович

Jeugliga sal Woensdag top posisies bekendmaak

Die ANC-jeugliga sal Woensdag hulle benoemings vir die ANC-leierskap bekendmaak, het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê.

“Ons gaan Woensdag ‘n groot aankondiging maak in terme van die leierskap vir die land,” het hy Maandag gesê.

Hy het bewerings ontken dat die liga se nasionale uitvoerende komitee (NUK) reeds besluit het oor hulle benoemingslys vir die ses topposisies in die ANC.

“Dit is nog nie finaal nie… dit is net bewerings,” het Kupa, ‘n NUK-lid, gesê.

Die liga sal ook Woensdag die beleid wat hy na Mangaung gaan neem, voorlê.

Benoemings vir kandidate vir die ANC se top-leierskapposisies het die naweek geopen. Die nasionale verkiesing sal in Desember in Mangaung plaasvind by die ANC se nasionale konferensie.

лобановский класс харьков