Staking, geweld kring al wyer uit

Vreemde stilte heers daar by die Afrikaanse mediamonopolie oor Suid-Afrika se staking wat in volle swang is. Die munisipale werkers in Limpopo loop vandag in hul duisende om aan te sluit by die stakers in mynbou en vervoer.

Die geweld, chaos en onsekerheid, verhoog deur die R12 500-belofte, is besig om reeds ‘n sinkende ekonomie lelik verder te knou.

Die Tesourie, soos die mediamonopolie, blyk nie in staat te wees om die finansiële uitwerking van die stakings te kwantifiseer nie. Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat ons die ontrafeling van die belangrikste sektore van die ekonomie gadeslaan.

Tekens van die gebrek aan vertroue is oral.

Moody’s het gister die kredietgraderings van ‘n aantal van die groot maatskappye en staatsbeheerde entiteite verlaag wat dit duurder maak vir hulle om te leen. Telkom, Eskom en Gold Fields is onder diegene wat hard getref word daardeur.

Die Tesourie sukkel reeds om die Suid-Afrikaanse Lugdiens drywend te hou en het slegs as borg vir ‘n lening van R5 miljard ingestaan vir die lugredery.

Hoewel die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en Rob Davies, minister van Handel en Nywerheid, die afgelope maande probeer om beleggers gerus te stel dat Suid-Afrika steeds ‘n goeie plek is om sake te doen, is die skrif aan die muur.

Volgens die National Union of Mineworkers se woordvoerder Lesiba Seshoka, is onwettige stakings waarin meer as 100,000 werkers deelneem aan die gang by nie minder nie as agt maatskappye:

AngloGold Ashanti, Gold Fields (op sy KDC-Ooste en Beatrix myne), Anglo Platinum, Petra Diamonds, in Northern Cape, Petmin, in KwaZulu-Natal, Bokoni-platinummyn, Limpopo, Samancor Chrome Western Mine, en Gold One.

Noordwes se polisie-woordvoerder Brigadier Thulani Ngubane het gesê dat slegs een dood toegeskryf kan word aan die voortgesette myngeweld. “Die liggaam van ‘n 22-jarige man is op Maandagoggend gevind.”

Die groep is na bewering daarvan beskuldig dat hulle werk, terwyl ‘n staking uitgeroep is en hulle is met pangas en ander wapens aangeval. Twee van die drie het daarin geslaag om te ontsnap, maar hul vriend is vermoor.

Hy het gesê dat die ander vier moorde verband hou met ‘n taverne stryd, ‘n tradisionele seremonie en ‘n vermeende rooftog.

Janee, gelukkig nie die staking nie. Dié rekening moet nog vereffen word.

лобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae