Vier swart aanvallers het Dinsdag in die vroeë oggendure ‘n bejaarde boer verras, aangerand en vasgebind terwyl hy in sy huis geslaap het.
HK “Boere” Grobler (79), is in die hoofslaapkamer op sy plaas, Doringbult, in die Lichtenburg-distrik oorrompel.
Die swartes het glo die huis se voordeur, middeldeur en slaapkamerdeur met koevoete oopgebreek.
Hulle is weg met sowat R20 000 kontant en drie jaggewere wat in twee kluise gebêre was, nadat hulle die eienaar gedwing het om die een kluis oop te sluit waarin die ander se sleutels versteek was.
Nadat die aanvallers hulle uit die voete gemaak het, moes die boer self na sy bure loop om hulp te gaan soek. Die bure het sy seun en die polisie ontbied.
Kapt. Amanda Funani, polisiewoordvoerder sê die aanvallers is steeds soek.
