Die veroordeelde dwelmhandelaar Sheryl Cwele het nog nie by ‘n korrektiewe diensfasiliteit aangemeld nie, het die departement gesê.
Dit volg nadat haar appèl teen haar skuldbevinding misluk het.
Nokuthula Zikhali, ‘n woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê die departement wag steeds vir haar aankoms.
Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, se eksvrou en haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa, se appèlle is Maandag van die hand gewys. Hul vonnisse is ook van 12 jaar na 20 jaar verleng.
Mev. Cwele (50) moet haar binne drie dae ná dié beslissing aan owerhede oorhandig.
