Toneelgangers stap uit by Aardklopproduksie

Verveeldes, beswaardes en ontsteldes het Dinsdag in Potchefstroom by Aardklop uit ‘n vertoning van Woza Andries?! geloop.

Die regisseur Christiaan Olwagen het aan Beeld gesê hy wou toneelgangers doelbewus skok, maar het nie gedink soveel mense gaan uitstap nie.

“Ek wens hulle het tot die einde gebly, dan sou hulle dalk verstaan wat ons probeer sê,” het hy gesê.

Jesus word as ‘n bruin vrou uitgebeeld en in een van die tonele baie visueel verkrag. Op dié punt, het die stuk sy gehoor se aandag verloor.

Marguerite Robinson, programbestuurder van Aardklop, is jammer dat die mense uitgestap het. Sy glo hulle het “perspektief” ingeboet deur nie te bly nie.

Die jeug moet ‘n platform hê, het sy gesê. Kennelik dink die teaterbywoners nie dit is die platform wat hulle wil deel nie.

“Waar anders gaan hul stem gehoor word? Jy kan sê jy stem nie saam nie, jy kan sê jy verafsku wat hulle probeer sê, maar dit ontneem hulle nie hul reg om dit te sê nie,” het Robinson aan Beeld gesê.

Dat dit die betalende publiek se reg is om uit te stap as hulle dink ‘n vertoning is nie na hulle smaak nie, het blykbaar nie by Robinson opgekom nie.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae