Volgens mnr Floris Smith, eienaar van die Spur in Brits, het daar vanoggend omstreeks 8h00 drie mans binnegestap en gevra of hulle al oop is. Die mans het vuurwapens te voorskyn gebring, die personeel gedwing om die kluis oop te sluit en het met die buit gevlug.
Te midde hiervan dink Suid-Afrika ook die week aan sy wêreldkampioenbokser wat vandag in Pretoria begrawe word.
Corrie Sanders wat in 2003 die titel ontvang het, was ook in ‘n restaurant in Brits toe vermeende rowers die plek binnegestorm en blindelings begin skiet het. Sanders, wat sy nefie se verjaarsdagpartytjie bygewoon het, is getref. Hy het ‘n paar uur daarna aan sy wonde in die Kalafong-hospitaal in Pretoria beswyk.
Rdl. Lourens het die voorvalle veroordeel en die hoop uitgespreek dat vandag se rowers ook so gou moontlik vasgetrek word.
“Rowers het arrogant geword. Hulle slaan helder oordag op eetpekke toe en buit wat hulle kan.”
