Word Tutu vergoed vir sy uitlatings oor Blair?

Is die “beginselvaste” stryder teen apartheid, emeritus aartsbiskop Desmond Tutu betaal vir sy onlangse uitlatings teen Tony Blair se onwettige besluit om Irak binne te val?

Die Mo Ibrahim-stigting gaan ‘n eerbewys en R8,5 miljoen aan Tutu gee uit erkenning vir sy “lewenslange toewyding daaraan om die owerhede die waarheid te vertel”. Die enorme bedrag sal later vanjaar by die jaarlikse Ibrahim-besprekingsforum in Dakar, Senegal, aan Tutu oorhandig word.

Mo Ibrahim, voorsitter van die stigting, het dié aankondiging gister op ‘n mediakonferensie by die Hyatt Regency-hotel in Rosebank, Johannesburg, gedoen.

Die lofprysinge vir die swart profeet het gereën by die geleentheid. “Hy is een van Afrika se groot stemme vir geregtigheid, vrede, demokrasie en verantwoordelike regering,” het Ibrahim gesê.

Hy het gesê Tutu gee die afgelope 50 jaar ‘n stem aan die onderdruktes en praat altyd “die ongemaklike waarheid”. Tutu se “integriteit en morele verhewendheid” verdien dié erkenning, sê die stigting.

лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae