Arbeidsonrus kry momentum

Samwu, die munisipale werkersvakbond, wil die “die land verlam” as plaaslike regerings nie gehoor gee aan salariseise nie. Intussen het onderhandelings om die gewelddadige vragmotorbestuurderstaking te beëindig, in duie gestort.

Samwu se staking volg nadat arbeidsonrus meer as ‘n maand gelede in die mynbedryf begin het en na die vragvervoerbedryf uitgebrei het.

Vakbonde het die laaste aanbod van die Padvragvereniging (RFA) van die hand gewys in die derde ronde van onderhandelinge. Geen verdere vergaderings word in die vooruitsig gestel nie.

Intussen is nog vyf vragmotors Donderdag aan die brand gesteek. Stakers het ‘n vragmotor by die N12-snel-weg naby Elandsfontein, Germiston, met ‘n petrolbom aangeval.

Die bestuurder en twee passasiers is aangerand. Die verkeer van Kempton Park na Johannesburg het sowat drie uur lank tot stilstand gekom. Net twee bane was in die teenoorgestelde rigting oop.

‘n Vragmotor is in Railway-straat in Germiston aan die brand gesteek. Die bestuurder het gevlug, maar die pad tussen Park- en Plantationweg is steeds gesluit.

Nog ‘n petrolbomaanval is op ‘n vragmotor in Wadeville geloods en in Heidelbergweg in Roodekop is ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Die paaie is steeds gesluit en die bestuurders het gevlug.

Die nasionale woordvoerder van Samwu, sê sowat 5 000 munisipale werkers van Limpopo sal Vrydag in Pietersburg aan ‘n massaprotesoptog na die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga), die departement van samewerkende regering en die polisie se hoofkantoor deelneem.

“Teen volgende week sal meer as 190 000 lede landwyd staak,” het die vakbond belowe.

 

 

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae