Jeugliga sal Woensdag top posisies bekendmaak

Die ANC-jeugliga sal Woensdag hulle benoemings vir die ANC-leierskap bekendmaak, het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê.

“Ons gaan Woensdag ‘n groot aankondiging maak in terme van die leierskap vir die land,” het hy Maandag gesê.

Hy het bewerings ontken dat die liga se nasionale uitvoerende komitee (NUK) reeds besluit het oor hulle benoemingslys vir die ses topposisies in die ANC.

“Dit is nog nie finaal nie… dit is net bewerings,” het Kupa, ‘n NUK-lid, gesê.

Die liga sal ook Woensdag die beleid wat hy na Mangaung gaan neem, voorlê.

Benoemings vir kandidate vir die ANC se top-leierskapposisies het die naweek geopen. Die nasionale verkiesing sal in Desember in Mangaung plaasvind by die ANC se nasionale konferensie.

лобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae