Emosionele begrafnis vir Corrie Sanders

Honderde vriende en familielede van Corrie Sanders het in die Wonderpark NG-kerk in die noorde van Pretoria vir die bokslegende se begrafnis byeengekom.

Skyfies van die boksheld is op ‘n muur vertoon terwyl Josh Groban se liedjie “You raise me up” in die agtergrond gespeel het.

Sy ma, Alida, en broer, Mike, het saam met ander familielede emosioneel geraak toe die verrigtinge begin het.

Sanders was op 22 September by die Thatch Haven Country Lodge in Brits in die Noordwes toe gewapende rowers die restaurant binnegestorm en skote begin afvuur het.

Die bokskampioen is in die hand en maag geskiet en het die volgende dag in die Kalafong-hospitaal gesterf.

Die drie mans wat van sy moord aangekla word, het vroeër in die dorp se landdroshof verskyn.

Paida Fish (19), Samuel Mabena (27) en Chris Moyo (25) is elkeen van een aanklag van moord en drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede aangekla.

Die hofsaak sal op 8 Oktober hervat word en die verdagtes sal in aanhouding bly.

Mabena het ook in verband met die moord op die boer Mauritz Oberholzer verskyn. Hy is op 5 September naby Brits vermoor. Dié saak is tot Dinsdag uitgestel.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae