Sanders se vermeende moordenaars verskyn

Drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die bokslegende Corrie Sanders, sal op 13 November weer in die hof verskyn, het die SABC berig.

Sanders, ‘n wêreldkampioenbokser, is verlede maand tydens ‘n rooftog by ‘n restaurant geskiet. Hy het later aan sy woonde beswyk toe hy mediese behandeling by twee hospitale geweier is.

Sanders wou sy dogter beskerm teen die aanvallers wat by sy neef se 21ste verjaardag in Brits in die Noordwes ingebars het, vermoedelik met hulp van die swart personeel by die restaurant.

Paida Fish (19), Samuel Mabena (27) en Chris Moyo (25) het Maandag op aanklagte van moord en drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede in die hof in Brits verskyn.

Sanders se broer, Mike, sy skoonsuster en sy ma het die hofverrigtinge bygewoon, berig Beeld.

Die drie het nog nie aangedui of hulle om borgtog sal aansoek doen nie.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Ontploffing gereël om te ontsnap

Die departement van Korrektiewe Dienste ondersoek die moontlikheid van interne betrokkenheid nadat drie gevangenes gistermiddag dood en 14 beseer is toe die voertuig waarin hulle na die Johannesburgse tronk vervoer is, ontplof het.

Die voertuig het 36 verhoorafwagtende gevangenes van die Randburgse landdroshof na die Sentrale Gevangenis in Johannesburg vervoer. Die woordvoerder van die polisie, Neville Malila sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die ontploffing deel van ‘n ontsnappingsplan was.

Twee gevangenes wat probeer ontsnap het, is weer gevang. Hy sê forensiese deskundiges probeer vasstel watter soort plofstof gebruik is. ‘n Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Tom Moyane sê sake van moord en die besit van plofstof word ondersoek.

лобановский александр жена

Deurbraak teen MIV/Vigs

Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het ‘n deurbraak gemaak in die stryd teen MIV/VIGS met ‘n ontdekking dat sommige mense se liggame, teenligame kan vervaardig wat sekere tipes HIV kan neutraliseer.

Navorsers van die sentrum vir VIGS navorsing en die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes het uitgevind dat unieke veranderings aan die MI-virus daartoe kan lei dat teenligame vervaardig word wat 88 persent van die mees algemene tipes van die MI-virus kan vernietig.

Dit volg na ‘n studie op twee vroue met MIV in KwaZulu-Natal. Volgens die navorsing is die teenliggame in staat om dele van die virus te herken, dit te teiken en hulself daaraan te heg om te verhoed dat dit gesonde selle besmet. Meer besonderhede sal later vandag bekend gemaak word.

лобановский александр игоревич класс

Eskom vra vir 16% verhoging

Die kragreus Eskom het gevra vir ‘n jaarlikse tariefverhoging van 16% vir die volgende vyf jaar, is Maandag bekendgemaak.

Dit sal die prys van elektrisiteit van 61 c per kilowatt-uur in 2012/13 tot R1,28 per kilowatt-uur in 2017/18 verhoog.

Eskom het sy aansoek vir die tariefverhoging by Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien.

Die huidige multijaar-prysvasstellingsmodel eindig op 31 Maart 2013.

Nersa sal sy finale besluit in Februarie – ná ‘n verlengde konsultasieperiode en openbare verhore – bekendmaak.

Фильчаков

Ondersoek na Marikana duur voort

Die geregtelike ondersoek na die tragedie by Lonmin se platinummyn in Marikana sal Maandag in Rustenburg voortduur.

Die uitslae van nadoodse ondersoeke en ander amptelike bewysstukke sal voorgelê word, insluitend ballistiese verslae. Regsverteenwoordigers sal die geleentheid gegun word om die bewyse onder oë te neem, en misdaadtoneel-kenners sal ook getuig.

Die kommissie het gesê die groot hoeveelheid materiaal en bewysstukke maak dit moeilik om te voorspel hoe vinnig die ondersoek sal vorder.

Die ondersoek, wat gelei word deur die afgetrede regter Ian Farlam, is vroeër dié maand uitgestel ná families van 20 van die mynwerkers wat hulle in die Oos-Kaap bevind, Farlam gevra het om hulle ‘n geleentheid te gun om na Rustenburg te reis.

Tydens die skietery by die myn is 34 Lonmin-mynwerkers dood en 78 gewond toe die polisie op 16 Augustus gedurende ‘n staking by Marikana op hulle losgebrand het.

Данильченко Харьков

DA en Brittanje saam in die bed

Rapport het Sondag berig oor die DA se noue bande met Brittanje. Volgens inligting wat deur die Staatsveiligheidsagentskap bekom is, het ‘n senior ANC-amptenaar aan City Press bevestig dat ‘n ondersoek geloods is na die verhouding tussen die party en die VK. Praag waarsku al lank dat die DA nie Afrikaners se belange op die hart dra nie.

Verskeie vergaderings die afgelope drie maande tussen Helen Zille, DA-leier, en Britse regeringsamptenare, asook Zille se reis na Londen, het tot die agterdog bygedra.

Ryan Coetzee, ‘n voormalige raadgewer van Zille, is intussen aangestel as raadgewer van Nick Clegg, Brittanje se adjunkpremier. “Daar is iets dieper as wat dit op die oog af lyk en dit moet ondersoek word,” het die ANC-amptenaar gesê.

Nog ‘n regeringsamptenaar meen die verhouding tussen die Britte en die DA lyk soos die Britte se steun vir die MDC in Zimbabwe om ‘n alternatief vir pres. Robert Mugabe te skep sonder om die etniese balans in die land te versteur. Brittanje het Mugabe aktief ondersteun tydens die volksmoord in Matabeleland.

Zille het die agterdog afgelag as ‘n Aprilgekgrap. “Is iemand hier in ‘n parallelle heelal? Of is dit deel van die ANC se voortslepende ‘Zanufikasie’?”

In Londen was sy positief oor Suid-Afrika se toekoms, het sy gesê. Sy het met die hoë kommissaris Zola Skweyiya vergader en “telkens positiewe terugvoering gekry”. Sy het onder meer onderhoude gehad met CNN, die Financial Times en The Economist, waar sy egter die land se vooruitsigte egter as uiters negatief beskryf het.

Die DA se verhouding met Brittanje is “professioneel, soos met alle ander regerings”. Brittanje oefen die grootste invloed op Suid-Afrika uit en het die land dadelik weer by die Statebond ingelyf nadat die ANC die verkiesing in 1994 gewen het. Brian Dube, woordvoerder van die Staatsveiligheidsagentskap, sê die agentskap “word gerig deur ‘n behoefte om nasionale veiligheid te handhaaf kragtens die Grondwet en nasionale wetgewing”.

Олександр Васильович Фільчаков

Paaie gesluit op Oos-Rand weens oproer

Inwoners van die Thina Sonke-lokasie het glo paaie met brandende buitebande, klippe en ander voorwerpe versper, het owerhede gemaan.

Motoriste is gewaarsku om die oproeriges te vermy wat op die Ou Vereniging-pad in Phola Park aan die Oos-Rand naby Thokoza amok maak.

Eyewitness News berig dat dit nog nie duidelik is waaroor inwoners ontevrede is nie.

Owerhede het gesê die Ou Vereniging-pad en die M7 is tans nie veilig nie.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, sê die polisie monitor die situasie.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Wit Sweed steek stakers op

Die mynwerkersvakbond, die NUM het die Demokratiese Sosialistiese Beweging die skuld gegee vir die geweld wat gepaard gaan met die voortslepende onbeskermde stakings in die mynbederyf.

Drie NUM-werkers is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal ná ‘n skermutseling tussen stakende werkers by AngloGold Ashanti in Noordwes. Die Beweging het tydens die onlangse onrus by myne na vore getree. Hulle segspersoon in Suid-Afrika is wit ‘n Sweedse burger, Liv Shange.

Hulle het die ontevredenheid wat deur arbeidsmakelaars geskep is, gebruik om die werklike griewe van die myners in ‘n ideologiese rigting te stuur.

Die werkers verwerp die tradisionele vakbonde soos die NUM, veral nadat hulle ‘n oorwinning behaal het oor Lonmin na ‘n onbeskermde staking wat gelei het tot aansienlike loonverhogings. Die Beweging het nog nie op dié aantygings gereageer nie.

Sowat 4 000 werkers van Lonmin se platinum-myn op Marikana het weer van die werk af weggebly en bedrywighede ontwrig, het RSG berig.

Die myn-onrus, wat oorspronklik by dié myn begin het, het reeds daartoe gelei dat Suid-Afrika se kredietwaardigheid afgegradeer is en die rand aansienlik verswak het.

Bedrywighede by agt skagte word deur die aksie geraak.

In nog ‘n verwikkeling het Gold Fields 1500 stakende mynwerkers afgedank omdat hulle die spertyd om terug te keer werk toe geïgnoreer het.

Werkers van AngloGold Ashanti se Mponeng-myn wat aan ‘n onbeskermde staking deelneem sê hulle sal slegs samesprekings met die werkgewer hervat wanneer alle strafregtelike aanklagte teen hulle laat vaar is. Werk by die myn is op 25 September gestaak. Werkers het intussen hersiene aanbiedings van die Kamer van Mynwese verwerp.

Die Samancor Chroommyn by Rustenburg het intussen gesê hulle is nie bereid om toe te gee aan die R12 000 salariseis van stakende mynwerkers nie. Die mynbestuur het samesprekings gevoer met rolspelers, onder wie die strydende vakbonde die NUM en Amcu, in ‘n poging om die gewelddadige staking tot ‘n einde te bring.

Die vakbonde is versoek om werkers te oorreed om terug te keer werk toe. Spesiale verlof wat vroeër toegestaan is, is verleng tot Maandag. Die myn se hoof van Korporatiewe Sake en Transformasie, Archie Phalane sê die huidige salarisooreenkoms wat in September gesluit is, is gunstig en geen ander onderhandelings sal plaasvind voor dié ooreenkoms verstryk nie.

лобановский александр досье

Kaapstad knap vervoer vir armes op

Openbare vervoer in Kaapstad, insluitend busse, taxi’s en treine, sal voortaan deur ‘n enkele owerheid bestuur word. Pendelaars sal met een kaart van al drie soorte vervoer gebruik kan maak.

Die burgemeester, Patricia de Lille het by die bekendstelling van die Geïntegreerde Openbare Vervoerowerheid gesê die grootste gedeelte van die finansiële hulpbronne wat van die regering ontvang is, sal gebruik word om openbare vervoer-infrastruktuur in arm gemeenskappe te verbeter.

Die uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap, PRASA, Lucky Montana, sê Kaapstad en die Wes-Kaap het bewys dat hulle daartoe verbind is om openbare vervoerkwessies aan te pak.

Hy het by dieselfde geleentheid gesê ‘n funksionele openbare vervoerstelsel is van die uiterste belang vir groei. Montana sê PRASA en Metrorail sal die stad ondersteun in sy poging om ‘n geïntegreerde openbare vervoerstelsel te skep.

Данильченео

Skool verpligtend vir tronkvoëls

Volwasse onderrigklasse sal vanaf volgende jaar verpligtend wees vir gevangenes, het die departement van korrektiewe dienste Donderdag gesê.

Gevangenes sal die ABET-program (vlak een tot vier) voltooi, het die departement in ‘n verklaring gesê.

“Ons werk daaraan om ons tronke in skole te verander en ons wil hê oortreders moet lees, studeer en werk.”

“Die sleutel tot rehabilitasie is om oortreders te bemagtig om vaardighede te hê, sodat hulle effektief in die samelewing kan funksioneer wanneer hulle vrygelaat word.”

Die departement het verder gesê onderrigkursusse is belangrik om gevangenes te rehabiliteer voordat hulle weer in hul gemeenskappe vrygelaat word.

Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het ‘n beroep gedoen op gevangenes wat vir matriek studeer, om hul slaagsyfer na 100% te verbeter van die 90% gemiddeld van die afgelope ses jaar.

Фильчаков Александр Васильевич