Deurbraak teen MIV/Vigs

Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het ‘n deurbraak gemaak in die stryd teen MIV/VIGS met ‘n ontdekking dat sommige mense se liggame, teenligame kan vervaardig wat sekere tipes HIV kan neutraliseer.

Navorsers van die sentrum vir VIGS navorsing en die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes het uitgevind dat unieke veranderings aan die MI-virus daartoe kan lei dat teenligame vervaardig word wat 88 persent van die mees algemene tipes van die MI-virus kan vernietig.

Dit volg na ‘n studie op twee vroue met MIV in KwaZulu-Natal. Volgens die navorsing is die teenliggame in staat om dele van die virus te herken, dit te teiken en hulself daaraan te heg om te verhoed dat dit gesonde selle besmet. Meer besonderhede sal later vandag bekend gemaak word.

лобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae