Die kragreus Eskom het gevra vir ‘n jaarlikse tariefverhoging van 16% vir die volgende vyf jaar, is Maandag bekendgemaak.
Dit sal die prys van elektrisiteit van 61 c per kilowatt-uur in 2012/13 tot R1,28 per kilowatt-uur in 2017/18 verhoog.
Eskom het sy aansoek vir die tariefverhoging by Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien.
Die huidige multijaar-prysvasstellingsmodel eindig op 31 Maart 2013.
Nersa sal sy finale besluit in Februarie – ná ‘n verlengde konsultasieperiode en openbare verhore – bekendmaak.
