‘n Vooraanstaande internasionale regskenner sê die voormalige Amerikaanse president George W. Bush en die voormalige Britse premier Tony Blair is skuldig aan misdade teen vrede, oorlogsmisdade en marteling.In November 2011, het die Kuala Lumpur-tribunaal, waarin Francis Boyle, ‘n professor van internasionale reg aan die Universiteit van Illinois dien, die vervolgingspan gelei, wat bevind het Bush en Blair is skuldig aan ‘n reeks misdade teen vrede en die mensdom, asook volksmoord vir hulle rolle in die oorlog in Irak.
Op 11 Mei 2012, het die tribunaal ook bevind dat Bush, die voormalige Amerikaanse vise-president Dick Cheney en voormalige Amerikaanse minister van Verdediging Donald Rumsfeld skuldig is aan die misdaad van marteling.
“Ons het hulle albei skuldig bevind aan ‘n Neurenbergmisdaad teen vrede,” het Boyle gesê met ‘n verwysing na die VSA-geleide inval van Irak in 2003 en die beginsels van die internasionale reg soos erken in die Handves van die Neurenberg-tribunaal.
Volgens Beginsels van die Neurenberg-tribunaal, is beplanning, voorbereiding, aanstigting of voer van ‘n oorlog van aggressie of ‘n oorlog in die skending van internasionale verdrae, ooreenkomste of ondernemings, misdade wat strafbaar is onder die internasionale reg.
In September, het Aartsbiskop Desmond Tutu gesê Blair en Bush moet by die Internasionale Strafhof in Den Haag oor hulle rolle in die oorlog in Irak aangekla word.
“Ons poog nou om dit te doen,” het Boyle gesê, en bygevoeg: “Ons het probeer om Bush in Switserland te kry, maar sy prokureur het hom aangeraai om nie na Switserland te reis nie. Ek het drie keer probeer om Bush in Kanada te kry, maar ongelukkig beskerm die Kanadese regering Bush.”
“Die wiele van geregtigheid kan stadig draai, maar hulle draai.”
Boyle het ook kritiek op die Internasionale Strafhof gelewer vir sy versuim om geregtigheid te laat geskied tov die VSA, die Verenigde Koninkryk en Israeliese misdadigers.
“Tot dusver het hulle net in swart boewe uit Afrika belanggestel, en nie die hantering van hierdie groothandelmassamoordenaars en misdadigers van die Verenigde State, Brittanje en Israel nie,” het hy gesê.
Boyle het die Israeliese regime veroordeel vir “die berekende, volslae volksmoord op die Palestyne in Gasa,” en bygevoeg dat daar verhore in November in Maleisië oor die kwessie van Palestina sal plaasvind.
