Skool verpligtend vir tronkvoëls

Volwasse onderrigklasse sal vanaf volgende jaar verpligtend wees vir gevangenes, het die departement van korrektiewe dienste Donderdag gesê.

Gevangenes sal die ABET-program (vlak een tot vier) voltooi, het die departement in ‘n verklaring gesê.

“Ons werk daaraan om ons tronke in skole te verander en ons wil hê oortreders moet lees, studeer en werk.”

“Die sleutel tot rehabilitasie is om oortreders te bemagtig om vaardighede te hê, sodat hulle effektief in die samelewing kan funksioneer wanneer hulle vrygelaat word.”

Die departement het verder gesê onderrigkursusse is belangrik om gevangenes te rehabiliteer voordat hulle weer in hul gemeenskappe vrygelaat word.

Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het ‘n beroep gedoen op gevangenes wat vir matriek studeer, om hul slaagsyfer na 100% te verbeter van die 90% gemiddeld van die afgelope ses jaar.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae