Paaie gesluit op Oos-Rand weens oproer

Inwoners van die Thina Sonke-lokasie het glo paaie met brandende buitebande, klippe en ander voorwerpe versper, het owerhede gemaan.

Motoriste is gewaarsku om die oproeriges te vermy wat op die Ou Vereniging-pad in Phola Park aan die Oos-Rand naby Thokoza amok maak.

Eyewitness News berig dat dit nog nie duidelik is waaroor inwoners ontevrede is nie.

Owerhede het gesê die Ou Vereniging-pad en die M7 is tans nie veilig nie.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, sê die polisie monitor die situasie.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae