Dit klink kompleet soos die Boeremag. Die vader van ‘n Bangladesji man wat beskuldig word van ‘n poging om die New Yorkse Federale Reserwebank op te blaas, het gister gesê sy seun was die slagoffer van ‘n “rassistiese sameswering”.Quazi Mohammad Rezwanul Ahsan Nafis, 21, is in hegtenis geneem Woensdag na ‘n poging om ‘n wapen van massavernietiging te gebruik en om materiële ondersteuning te probeer bied aan al-Qaeda.
“Dit is niks anders as ‘n sameswering nie. Daar is nog steeds ‘n rassistiese sameswering,” het sy pa Quazi Mohammad Ahsanullah aan verslaggewers gesê in Bangladesj se hoofstad Dhaka.
“Die intelligensie van die VSA speel met ‘n blote seuntjie wat ons gestuur het vir hoër studies. Die bewering teen my seun is nie waar nie. Hy kon nie eens ‘n motor bestuur nie. Hoe is hy gevang met ‘n paneelwa?”
Nafis verskyn Woensdag in ‘n hof in Brooklyn. Die kriminele klag teen hom is dat hy in kontak met lede van al-Kaida oorsee was.
Volgens die klagstaat het hy voorts saam met ‘n man na ‘n New Yorkse pakhuis gereis waar Nafis wat hy gedink het ‘n 450kg bom was, aanmekaargesit het.
Die man wat hy geglo het ‘n medepligtige was, is in werklikheid ‘n geheime agent wat werk vir die FBI en die ploftoestel was nie in ‘n werkende toestand nie.
Hy is later in hegtenis geneem in ‘n hotel naby die bank.
Nafis was ‘n student aan North South Universiteit, ‘n gesogte private instelling in Bangladesh, voordat hy rekenaarwetenskap gaan studeer het in die VSA.
Sy pa, ‘n senior vise-president van ‘n privaatbank, het gesê Nafis was godsdienstig, maar nie ‘n fanatikus nie. Hy het aan verslaggewers gesê hy het gevra vir hulp van die regering, “sodat ons seun nie die slagoffer van ‘n sameswering word nie”.
“Hy is in ‘n lokval gelei,” het hy gesê.
