Sewe doodgetrap in sokkerstormloop

Sewe sokkergeesdriftiges is doodgetrap tydens ‘n stormloop by ‘n sokkerwedstryd tussen twee van Kenia se mees gewilde spanne.

‘n Skare het probeer om by die Nyayo Nasionale Stadion in te kom.

Ses mense is op die toneel oorlede terwyl ‘n sewende persoon later in die Kenyattahospitaal dood is, het Titus Mungo’u, ‘n woordvoerder vir die Rooikruis, gesê.

Ten minste vier ander mense is tydens die voorval beseer, alhoewel die aantal moontlik hoër is.

Die wedstryd is halfpad deur die eerste helfte gestaak toe iemand op die veld uitgehardloop het en gesê  het daar is mense buite wat besig is om doodgetrap te word.

Die wedstryd is binne tien minute egter weer hervat en Gor Mahia het 1-0 gewen.

бра интернетлобановский депутат

Veiligheid van e-verkiesings kwel

Nuwe tegnologie, wat kiesers in staat sal stel om per internet te stem, wen veld in die VSA, alhoewel kommer oor die veiligheid van dié stelsels bestaan.

Altesaam 33 Amerikaanse state sal kiesers toelaat om in 2010 van e-posse, fakse en aanlynstembriewe gebruik te maak. Hierdie stelsels, wat ook in verskeie ander lande gebruik word, kan moontlik kiesers se deelname verhoog, maar die veiligheid daarvan bly ‘n netelige kwessie.

In September, toe ‘n internet-stemstelsel vir Washington getoets is, het ‘n span rekenaarwetenskaplikes van die Universiteit van Michigan gou-gou die stelsel binnegedring en stembriewe verander.

“Dit was vreeslik maklik,” het Alex Halderman, die Michigan professor wat die projek saam met sy studente onderneem het, gesê. Halderman het ook ontdek dat ander kuberkrakers van onder meer Iran en China probeer het om dieselfde te doen.

Halderman en ander rekenaarkenners meen hul eksperiment belig die swakpunte in aanlynverkiesings waaraan nie tans geremedieer kan word nie.

Hierteenoor sê Paul DeGregorio, hoof van verkiesings by die elektroniese verkiesingsfirma Everybody Counts dat internetstelsels kiesers, insluitende dié met gestremdhede en soldate oorsee, bemagtig. Hy sê stelsels in ander lande het wel veiligheidstoetse geslaag.

ігри для девочеклобановский александр дети

Nog twee IVP-leiers geskiet

Twee leiers van die Inkatha-Vryheidsparty is Vrydagaand in Gautengse hostelle doodgeskiet in aanvalle wat deur die party as polities gemotiveerd beskou word.

“Dit bring die hoeveelheid IVP-leiers wat in die afgelope paar weke in Gauteng doodgeskiet is op vier te staan,” het Petros Sithole, voorsitter van die IVP, Sondag in ‘n verklaring gesê.

“Hoewel ons nie seker is wat die motief vir hierdie moorde is nie, is dit duidelik dat dit nie geïsoleerde voorvalle is nie. Ons is bekommerd dat dit dalk polities gemotiveerde moorde is.”

Die vermoorde leiers is volgens wat berig word Bhunu Zungu en Phindani Shange.

“Daar is ‘n duidelike toename in die hoeveelheid aanvalle op IVP-leiers in Gauteng. Desnieteenstaande het ons nog geen inhegtenisnames gesien nie.

“Ons doen ‘n beroep op die minister van polisie om dadelik in te gryp sodat ons ‘n einde kan bring aan hierdie sinnelose aanvalle,” het Sithole gesê.

miomare yachtingФільчаков прокурор

Swart misdaad is drankverwant

Tagtig persent van misdade wat in Suid-Afrika se derde mees dig bevolkte township, Motherwell in Port Elizabeth, plaasvind, is alkoholverwant, het die polisie Sondag gesê.

Die bevelvoerder van die Motherwell-polisiekantoor, Keith Meyer, het gesê die township van 13 vierkante kilometer het 106 gelisensieërde shebeens en heelwat onwettige shebeens.

“Benewens dronkbestuur en inhegtenisnemings vir oproerige gedrag, is sewe gewapende rowers vasgekeer nadat hulle ‘n winkel, wat deur Somaliërs besit word, beroof het. Die mans, wat tussen 18 en 26 jaar oud is, sal Maandag in die hof verskyn. Nog ‘n man is in hegtenis geneem nadat hy in besit van gesteelde goedere, wapens en kontant betrap is,” het Meyer gesê.

Intussen is ‘n 19-jarige man in Nellmapius, naby Mamelodi, in hegtenis geneem nadat hy ‘n ander man doodgesteek het tydens ‘n bakleiery oor ‘n meisie. Shawane Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê die stryery het in ‘n drinkplek begin.

Volgens Sepato het een man die ander met ‘n skerp voorwerp gesteek. Die man is by die hospitaal dood verklaar.

Die polisie het 145 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem tydens ‘n operasie in Mamelodi.

парус на передней мачтеФильчаков прокурор харьков

Grondbeleid bring armoede

“Deur ‘n beperking te plaas op die hoeveelheid grond wat ‘n boer mag besit en deur nasionalisering, gaan armoede en nie welvaart nie in Suid-Afrika bevorder word,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en VF Plus-leier, in ‘n toespraak gesê tydens die Presidentsdinee van die vee-stoettelers van Suid-Afrika en Stamboek in Bloemfontein.

“In Suid-Afrika is ons tans besig met onnodige debatte oor nasionalisering en oor grond wat maak dat Suid-Afrika sy mededingendheid internasionaal begin verloor. Dit is in almal se belang dat hierdie onsekerhede so gou as moontlik uit die weg geruim moet word.”

Dr. Mulder het ook die veebedryf geprys as die landbou-sektor wat die grootste bydrae (44%) van alle landbousektore tot die land se BBP maak. As die landbou se bydrae tot Suid-Afrika se BBP ontleed word, was die bruto waarde van vee- en verwante diereprodukte in 2008 R53 miljard teenoor kontantgewasse se R40 miljard en tuinbouprodukte se R27 miljard.

Sonder verbeterde genetika wat saad, bulle en ramme insluit, kan die teikens wat gestel is ten einde kos aan almal in Suid-Afrika in 2030 te voorsien, nie bereik word nie. Die kommersiële landbouers, navorsing en stamboek speel hierin ‘n deurslaggewende rol en moet daarvoor bedank word.

переходник для пневмоинструментаФільчаков Олександр Васильович

Munisipaliteite ‘werk’ sê minister

Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, het Dinsdag in die parlement homself bloedig vererg nadat opposisiepartye dienslewering as “skrikwekkend swak” beskryf het.

Volgens Shiceka het alle dorpe en stede lopende water, paaie, elektrisiteit én die verkeersligte werk. Besoekers tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi het die land geprys daarvoor, het Shiceka gesê.

“Om bloot ‘n paar plekke uit te sonder en te wil voorgee daar is ‘n krisis, is onakkuraat, ‘n oordrywing en ‘n wanvoorstelling van die feite. Daar is probleme, maar munisipaliteite wérk,” het Shiceka aan die portefeuljekomitee oor samewerkende regering gesê.

Elroy Africa, direkteur-generaal, het hul opname van die stand van plaaslike regering en die nasionale regrukplan vir munisipaliteite, as suksesse uitgesonder.

Die departement het ook ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag vir die 2009-’10-boekjaar ontvang wat ‘n verbetering op die vorige jaar se gekwalifiseerde oudit was.

Africa het egter toegegee dat munisipaliteite die afgelope boekjaar nagelaat het om byna R2,2miljard te bestee aan noodsaaklike infrastruktuur om basiese dienste aan inwoners te lewer.

Voorts skuld inwoners, staatsdepartemente en openbare staatsondernemings munisipaliteite altesaam R56miljard aan dienstegeld.

купить тамбов насосыДанильченко Юрий Харьков

Inligtingswet benadeel ‘arm en ryk’

Die voorgestelde wet op die beskerming van inligting sal die armes net so veel soos die gedrukte media en maatskappye raak, het die anti-privatiseringforum Dinsdag gesê.

“Hierdie wet handel fundamenteel oor arm mense wat nie toegang tot inligting oor basiese dienste gaan hê nie,” het die forum se woordvoerder, Dale McKinley, aan ‘n skare wat by Grondwetheuwel byeengekom het, gesê.

Die wet sal mense aan raadslede en burgemeesters die mag gee om te besluit wat burgers behoort te weet of nie te weet nie.

“Hierdie is nie ‘n wet wat bloot die gedrukte media, maatskappye of die elite gaan raak nie.”

Gabriella Razzano, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Geskiedenisargief, het gesê die wet is ‘n “irrelevante oplossing” vir die probleem van “ontoereikende beriggewing,” wat as rede vir dié wetsontwerp voorgehou word.

“Ons word vertel dat ons histeries raak met ons betogings, maar hierdie wet maak ‘n bespotting van die proses van openbare deelname,” het Razzano gesê.

Sy het gesê inligting wat gelek word oor korrupsie en onbekwaamheid in die regering is ‘n essensiële deel van die demokrasie, aangesien dit burgers toelaat om die waarheid te leer.

для бассейнапрокурор харьковской области

Vyf redaksielede loop voor ANC-koerant die lig sien

Vyf redaksielede van die nuwe nasionale dagblad, The New Age, het Dinsdag kort voor druktyd uit hul poste bedank.

Dié koerant sou op 20 Oktober vir die eerste keer op die rakke gewees het, maar weens die nuutste verwikkelinge sal dit nie gebeur nie.

“Dit is met groot teleurstelling dat ons Dinsdag die bedankings van vyf van ons senior redaksielede ontvang het, kort voor die koerant moes verskyn,” het Gary Naidoo, bestuurende redakteur, in ‘n verklaring gesê.

Een van The New Age se beloftes is dat dié koerant volledige nuusdekking aan al nege provinsies in die land gaan verleen.

Die Gupta-groep, wat noue ANC-bande het, finansier die koerant.

куртка утепленная для девочекФильчаков прокуратура харьков

Woolworths verkoop glo nie ‘godsdiens en politiek’

Die winkelketting Woolworths het besluit het om onder meer Christelike tydskrifte van sy winkelrakke te verwyder en dit nie langer te koop aan te bied nie.

Tydskrifte soos Lig, Juig, Joy en Lééf sal dus nie langer in Woolworths-winkels te koop wees nie.

Adri-Louise van Renen, redakteur van Lig, het gister aan Die Burger gesê dat sy ingelig is oor Woolworths se besluit nadat hulle ‘n e-pos van hul verspreider ontvang het.

Woolworths het ‘n sakebesluit geneem om nie langer enige godsdienste tydskrifte in voorraad te hou nie, met onmiddellike effek. Hulle het reeds al hulle winkels opdrag gegee om godsdienstige titels van die winkelrakke te verwyder, het Van Renen gesê.

Nietemin gebruik die winkelgroep die bemarkingsgeleentheid van godsdienstige dae soos Kersfees en Paasfees tot sy eie voordeel.

Simon Susman, hoofbeampte van Woolworths, het op navraag van Die Burger gesê dit is strydig met die winkelgroep se beleid om godsdienstige en politieke tydskrifte te verkoop.

demo games casinoФільчаков прокурор

Swarte in hegtenis weens kinderverkragting

‘n Sestigjarige man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy blykbaar ‘n 13-jarige meisie in Dalasile, 30 km buite Engcobo, verkrag het, het polisie in die Oos-Kaap gesê.

“Die meisie was by ‘n spaza-winkel, toe sy glo deur die man bygedam is,” het die polisiewoordvoerder lt. kol. Mzukuisi Fatyela gesê.

“Hy het gedreig om haar dood te maak as sy nie saam met hom gaan nie.”

‘n Buurman, wat blykbaar die voorval gesien het, het hulp ingeroep.

Die 60-jarige swartman is deur lede van die gemeenskap aangekeer.

Hy is na die Dalasile-polisiestasie geneem em sal na verwagting vangoggend in die hof verskyn, het Fatyela gesê.

машинка мультикиФильчаков