Veiligheid van e-verkiesings kwel

Nuwe tegnologie, wat kiesers in staat sal stel om per internet te stem, wen veld in die VSA, alhoewel kommer oor die veiligheid van dié stelsels bestaan.

Altesaam 33 Amerikaanse state sal kiesers toelaat om in 2010 van e-posse, fakse en aanlynstembriewe gebruik te maak. Hierdie stelsels, wat ook in verskeie ander lande gebruik word, kan moontlik kiesers se deelname verhoog, maar die veiligheid daarvan bly ‘n netelige kwessie.

In September, toe ‘n internet-stemstelsel vir Washington getoets is, het ‘n span rekenaarwetenskaplikes van die Universiteit van Michigan gou-gou die stelsel binnegedring en stembriewe verander.

“Dit was vreeslik maklik,” het Alex Halderman, die Michigan professor wat die projek saam met sy studente onderneem het, gesê. Halderman het ook ontdek dat ander kuberkrakers van onder meer Iran en China probeer het om dieselfde te doen.

Halderman en ander rekenaarkenners meen hul eksperiment belig die swakpunte in aanlynverkiesings waaraan nie tans geremedieer kan word nie.

Hierteenoor sê Paul DeGregorio, hoof van verkiesings by die elektroniese verkiesingsfirma Everybody Counts dat internetstelsels kiesers, insluitende dié met gestremdhede en soldate oorsee, bemagtig. Hy sê stelsels in ander lande het wel veiligheidstoetse geslaag.

ігри для девочеклобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae