“Dit bring die hoeveelheid IVP-leiers wat in die afgelope paar weke in Gauteng doodgeskiet is op vier te staan,” het Petros Sithole, voorsitter van die IVP, Sondag in ‘n verklaring gesê.
“Hoewel ons nie seker is wat die motief vir hierdie moorde is nie, is dit duidelik dat dit nie geïsoleerde voorvalle is nie. Ons is bekommerd dat dit dalk polities gemotiveerde moorde is.”
Die vermoorde leiers is volgens wat berig word Bhunu Zungu en Phindani Shange.
“Daar is ‘n duidelike toename in die hoeveelheid aanvalle op IVP-leiers in Gauteng. Desnieteenstaande het ons nog geen inhegtenisnames gesien nie.
“Ons doen ‘n beroep op die minister van polisie om dadelik in te gryp sodat ons ‘n einde kan bring aan hierdie sinnelose aanvalle,” het Sithole gesê.
