Grondbeleid bring armoede

“Deur ‘n beperking te plaas op die hoeveelheid grond wat ‘n boer mag besit en deur nasionalisering, gaan armoede en nie welvaart nie in Suid-Afrika bevorder word,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en VF Plus-leier, in ‘n toespraak gesê tydens die Presidentsdinee van die vee-stoettelers van Suid-Afrika en Stamboek in Bloemfontein.

“In Suid-Afrika is ons tans besig met onnodige debatte oor nasionalisering en oor grond wat maak dat Suid-Afrika sy mededingendheid internasionaal begin verloor. Dit is in almal se belang dat hierdie onsekerhede so gou as moontlik uit die weg geruim moet word.”

Dr. Mulder het ook die veebedryf geprys as die landbou-sektor wat die grootste bydrae (44%) van alle landbousektore tot die land se BBP maak. As die landbou se bydrae tot Suid-Afrika se BBP ontleed word, was die bruto waarde van vee- en verwante diereprodukte in 2008 R53 miljard teenoor kontantgewasse se R40 miljard en tuinbouprodukte se R27 miljard.

Sonder verbeterde genetika wat saad, bulle en ramme insluit, kan die teikens wat gestel is ten einde kos aan almal in Suid-Afrika in 2030 te voorsien, nie bereik word nie. Die kommersiële landbouers, navorsing en stamboek speel hierin ‘n deurslaggewende rol en moet daarvoor bedank word.

переходник для пневмоинструментаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae