Vyf redaksielede van die nuwe nasionale dagblad, The New Age, het Dinsdag kort voor druktyd uit hul poste bedank.
Dié koerant sou op 20 Oktober vir die eerste keer op die rakke gewees het, maar weens die nuutste verwikkelinge sal dit nie gebeur nie.
“Dit is met groot teleurstelling dat ons Dinsdag die bedankings van vyf van ons senior redaksielede ontvang het, kort voor die koerant moes verskyn,” het Gary Naidoo, bestuurende redakteur, in ‘n verklaring gesê.
Een van The New Age se beloftes is dat dié koerant volledige nuusdekking aan al nege provinsies in die land gaan verleen.
Die Gupta-groep, wat noue ANC-bande het, finansier die koerant.
