Woolworths verkoop glo nie ‘godsdiens en politiek’

Die winkelketting Woolworths het besluit het om onder meer Christelike tydskrifte van sy winkelrakke te verwyder en dit nie langer te koop aan te bied nie.

Tydskrifte soos Lig, Juig, Joy en Lééf sal dus nie langer in Woolworths-winkels te koop wees nie.

Adri-Louise van Renen, redakteur van Lig, het gister aan Die Burger gesê dat sy ingelig is oor Woolworths se besluit nadat hulle ‘n e-pos van hul verspreider ontvang het.

Woolworths het ‘n sakebesluit geneem om nie langer enige godsdienste tydskrifte in voorraad te hou nie, met onmiddellike effek. Hulle het reeds al hulle winkels opdrag gegee om godsdienstige titels van die winkelrakke te verwyder, het Van Renen gesê.

Nietemin gebruik die winkelgroep die bemarkingsgeleentheid van godsdienstige dae soos Kersfees en Paasfees tot sy eie voordeel.

Simon Susman, hoofbeampte van Woolworths, het op navraag van Die Burger gesê dit is strydig met die winkelgroep se beleid om godsdienstige en politieke tydskrifte te verkoop.

demo games casinoФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae