Inligtingswet benadeel ‘arm en ryk’

Die voorgestelde wet op die beskerming van inligting sal die armes net so veel soos die gedrukte media en maatskappye raak, het die anti-privatiseringforum Dinsdag gesê.

“Hierdie wet handel fundamenteel oor arm mense wat nie toegang tot inligting oor basiese dienste gaan hê nie,” het die forum se woordvoerder, Dale McKinley, aan ‘n skare wat by Grondwetheuwel byeengekom het, gesê.

Die wet sal mense aan raadslede en burgemeesters die mag gee om te besluit wat burgers behoort te weet of nie te weet nie.

“Hierdie is nie ‘n wet wat bloot die gedrukte media, maatskappye of die elite gaan raak nie.”

Gabriella Razzano, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Geskiedenisargief, het gesê die wet is ‘n “irrelevante oplossing” vir die probleem van “ontoereikende beriggewing,” wat as rede vir dié wetsontwerp voorgehou word.

“Ons word vertel dat ons histeries raak met ons betogings, maar hierdie wet maak ‘n bespotting van die proses van openbare deelname,” het Razzano gesê.

Sy het gesê inligting wat gelek word oor korrupsie en onbekwaamheid in die regering is ‘n essensiële deel van die demokrasie, aangesien dit burgers toelaat om die waarheid te leer.

для бассейнапрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae