Munisipaliteite ‘werk’ sê minister

Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, het Dinsdag in die parlement homself bloedig vererg nadat opposisiepartye dienslewering as “skrikwekkend swak” beskryf het.

Volgens Shiceka het alle dorpe en stede lopende water, paaie, elektrisiteit én die verkeersligte werk. Besoekers tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi het die land geprys daarvoor, het Shiceka gesê.

“Om bloot ‘n paar plekke uit te sonder en te wil voorgee daar is ‘n krisis, is onakkuraat, ‘n oordrywing en ‘n wanvoorstelling van die feite. Daar is probleme, maar munisipaliteite wérk,” het Shiceka aan die portefeuljekomitee oor samewerkende regering gesê.

Elroy Africa, direkteur-generaal, het hul opname van die stand van plaaslike regering en die nasionale regrukplan vir munisipaliteite, as suksesse uitgesonder.

Die departement het ook ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag vir die 2009-’10-boekjaar ontvang wat ‘n verbetering op die vorige jaar se gekwalifiseerde oudit was.

Africa het egter toegegee dat munisipaliteite die afgelope boekjaar nagelaat het om byna R2,2miljard te bestee aan noodsaaklike infrastruktuur om basiese dienste aan inwoners te lewer.

Voorts skuld inwoners, staatsdepartemente en openbare staatsondernemings munisipaliteite altesaam R56miljard aan dienstegeld.

купить тамбов насосыДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae