Swarte in hegtenis weens kinderverkragting

‘n Sestigjarige man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy blykbaar ‘n 13-jarige meisie in Dalasile, 30 km buite Engcobo, verkrag het, het polisie in die Oos-Kaap gesê.

“Die meisie was by ‘n spaza-winkel, toe sy glo deur die man bygedam is,” het die polisiewoordvoerder lt. kol. Mzukuisi Fatyela gesê.

“Hy het gedreig om haar dood te maak as sy nie saam met hom gaan nie.”

‘n Buurman, wat blykbaar die voorval gesien het, het hulp ingeroep.

Die 60-jarige swartman is deur lede van die gemeenskap aangekeer.

Hy is na die Dalasile-polisiestasie geneem em sal na verwagting vangoggend in die hof verskyn, het Fatyela gesê.

машинка мультикиФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae