‘n Blanke ANC-kader leer op die harde manier

Dit ly geen twyfel nie dat me Mary Metcalfe, tot gister toe die direkteur-generaal van Hoër Onderwys in die Departement van Onderwys, ‘n toegewyde, bekwame, professionele en intelligente persoon is. Sy het al verskeie senior poste beklee, onder andere as ‘n professor in die Opvoedkunde op Wits. So ook is me Metcalfe ‘n jarelange getroue ANC-kader, met ‘n onkreukbare Struggle-stamboek.

Intelligent en bekwaam soos sy mag wees, verstaan sy, soos alle blanke linkses, steeds nie waaroor die Struggle, die ANC en politiek onder Afrikane oor die algemeen gaan nie, en is haar naïewiteit oor die ware aard van politiek in Afrika inderdaad verstommend.

Me Metcalfe, haar Struggle-stemboek ten spyt, is ná slegs ‘n jaar as DG uit haar pos ontslaan deur minister Blade Nzimande, Suid-Afrika se voorste kaviaar-kommunis, met sy voorliefde vir luukse motors. Alhoewel die “spin doctors” dit probeer ontken, is dit so duidelik soos daglig dat sy en kameraad Blade nie om een vuur gesit het nie.  Volgens die City Press het kameraad Blade me Metcalfe gevra om te bedank, omdat die kameraad kwansuis nie meer die kader vertrou het nie.

Daardie vertrouensbreuk is glo veroorsaak deur me Metcalfe wat kameraad Blade wou verhoed om die belastingbetaler se geld te plunder. Gerugte in die Business Day wil dit hê dat me Metcalfe ongerymdhede bemerk het in die Departement van Onderwys. Haar baas, die kaviaar-kommunis, wou naamlik ‘n reis na daardie sosialistiese Eden, Kuba, onderneem, vir die rekening van die belastingbetaler, teen ‘n aardige bedraggie van R 1 miljoen. Me Metcalfe het dit bevraagteken, soos dit ‘n bekwame bestuurder betaam, wat daartoe gelei het dat die reis uitgestel is.

Daardie behoorlike en professionele optrede van haar was egter ‘n fatale fout aan haar kant, en dis presies hier waar me Metcalfe se uiterste naïewiteit na vore gekom het. Wat me Metcalfe nie verstaan nie, al is sy al jare lank ‘n ANC-kader en so links as wat iemand kan wees, is dat politiek vir die Afrika-politikus slegs om twee dinge gaan:  Sy toegang tot geleenthede om die staatskas te plunder, en tweedens lojaliteit aan sy ras of stam.

Me Metcalfe het die aartssonde gepleeg om kameraad Blade vrye toegang tot die belastingbetaler se geld te weier, en dit was onvergeeflik vir ‘n Afrika-politikus. Die ganse rede waarom hy in die politiek verkeer, is immers om die staatskas te plunder. Haar tweede sonde, een waaraan sy niks kon doen nie, was haar uniform; haar wit vel. Hoe durf ‘n blote blanke die Zoeloe-kameraad verhoed het om sy politiek van plunder te pleeg! Dit word genoem maagpolitiek, die reg wat in die Afrika-politikus se kop bestaan om sy maag vol te eet aan ander mense se geld.

Die feit dat me Metcalfe ‘n getroue ANC-kader was, het haar niks gehelp nie. Sy gaan ongetwyfeld deur ‘n “insider”, ‘n swarte, vervang word as DG, want sy sal, nes die mees regsgesinde blanke, vir altyd ‘n buitestaander bly. Só byvoorbeeld het oudpresident Mbeki oor die naweek die absurde stelling gemaak dat die geweld van 2008 nie xenofobies van aard was nie. As dit wel xenofobie was, seg Mbeki, was blankes die teiken. Dus: ‘n Kongolees of Somaliër wat gister onwettig oor die grens gesluip het, is inheems en een van Mbeki se eie. ‘n Blanke Afrikaner, wie se voorsate reeds 300 jaar hier woon, is egter volgens Mbeki ‘n vreemdeling. Rassesolidariteit of Afro-fascisme is dus voorop in die swart ANC-lid se kop, nes alle ander Afrika-politici se tweede lojaliteit (buiten sy eie banksaldo) sy stam is. Me Metcalfe het hierdie feit skynbaar nie begryp nie.

Daardie gebrek aan begrip deel sy egter met ‘n iedere en ‘n elke blanke linkse, wat hulle verbeel dat gedienstigheid en inderdaad kruiperigheid enige punte by die ANC sal aanteken. Ek dink spesifiek hier aan linkse professore op Stalinbos of kruiperige dominees. Die teendeel is waar: Kruiperigheid en gedienstigheid word deur die Afrikaan as ‘n teken van swakheid gesien, indien dit nie verag word as tekenend van verraad teenoor die kruiper se eie stam nie.

Dit neem politieke intelligensie om laasgenoemde te begrip, iets wat die voormalige professor Metcalfe nou op die harde manier geleer het, maar ‘n Zoeloe met ‘n Standerd-2 opvoeding instinktief begryp het, toe hy juis sy braai gehou het met diegene wat weier om voor hom te kruip.

освещение лестницы светодиоднойtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae