Die groothandelsprys van diesel met die kleiner swaelinhoud styg met 71 sent per liter en die groter swaelinhoud met 70 sent per liter.
Die kleinhandelsprys van paraffien styg met 94 sent per liter.
Weens die onderverhaling op die petrolprys en die onlangse styging in die prys van ru-olie, sal 'n drastiese styging nou nodig wees.
Die huidige styging volg op vorige stygings oor die afgelope twee maande van onderskeidelike 55 en 68 sent.
Die prys van petrol word op die eerste Woensdag van die maand aangepas volgens die gemiddeld van die vorige maand se onder- of oorverhaling.

Die hoof van Eskom, Jacob Maroga, het gister tydens 'n parlementêre sessie gewaarsku dat Suid-Afrika se kragprobleme nog lank nie verby is nie.