Wiens brood men eet

Dit is algemeen dat mense verskillende hoede dra. Iemand is byvoorbeeld ‘n predikant, maar ook voorsitter van ‘n skoolkomitee. In elkeen van hierdie hoedanighede word van die bekleër verwag om standpunt in te neem, verkieslik dieselfde standpunt want sy een posisie is dikwels te danke aan die ander posisie wat hy beklee. ‘n Christen, as Ligdraer vir Christus, doof immers nie sy lampie soos hy van die een lewensfeer waarin hy betrokke is na die ander beweeg nie.

Ideaal gesproke moet ‘n persoon se eie standpunt ook nie van sy amptelike standpunt verskil nie. Soms is dit egter nie moontlik nie – iemand is om den brode in ‘n werksgeleentheid, en hierdeur word hy in staat gestel om sy gesin behoorlik te versorg.

Die Vrystaatse Universiteit het pas die woord Deo – God – uit sy leuse weggelaat. Die redes het grootliks met transformasie te make. Die besluit is op die oog af stil-stil deurgevoer, maar dit het tot die ore van Rapport gekom wat ‘n voorbladstorie daarvan gemaak het. Sedertdien spat die vonke, veral as ‘n mens onderlinge gesprekke volg, en ook ‘n ogie werp op wat op die internet aangaan. Ongelukkig, omdat die kerkleiers wat hier die toon moet aangee grootliks afwesig is of gesnoer is, ontaard die debat dikwels tot ‘n erg verdwaalde oppervlakkigheid.

Uit die Rapport-berig het dit onder meer geblyk dat verskeie dosente nie gelukkig is met die besluit nie, waaronder die moderator van die NG Kerk, wat ook dosent by Kovsies se teologiese fakulteit is.

Die moderator, prof. Piet Strauss, was onlangs in die spervuur toe die “creation science”-evangeliese tydskrif, Juig, hom na die NG Kerk se amptelike standpunt oor evolusie gevra het, en hy toe sy eie mening gegee het. Die storm wat dit ontketen het, het die NG Kerk genoodsaak om sy amptelike standpunt hieroor her uit te reik.

Vanoggend is prof. Strauss die outeur van Volksblad se rubriek, Woord en Perspektief. Hy spreek die belangrike boodskap van versoening aan – en bou dit om die ere-doktorsgraad wat Kovsies aan emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu toegeken het. Strauss maak dit duidelik dat hy in sy noppies is, ook oor die boodskap van versoening wat Tutu gebring het. Hy verduidelik ook dat dié toekenning deur die Fakulteit Teologie geïnisieer is. Hiermee slaan hy weliswaar die vermoede dat Kovsies se toekenning aan Tutu ‘n tipe weerligafleier was om ontevredenes oor die Deo-besluit te paai.

Trouens, nie ‘n woord word gerep oor die impak wat die besluit om met Deo weg te doen, op versoening gelaat het nie. Die bewoording van die NG Kerk Môrelig in Bethlehem waarin ten sterkste beswaar gemaak word oor die Deo-besluit, onderstreep die ongelukkigheid daaroor, ook binne die kerkverband waarvan prof. Strauss die moderator is.

Dat die Kovsie-ringkoppe nie ander menings oor die aangeleentheid duld as die amptelike besluit nie, blyk veral uit die optrede van die studentedekaan, Rudi Buys, teenoor Afriforum. Hy tree loshande buite perke op deur selfs te dreig om mense te laat toesluit as hulle – Afriforum, ‘n burgerregte-organisasie – met die media – ‘n privaat bedryf – oor die saak sou praat, aldus aansprake van Afriforum. Dosente maak in privaat gesprekke ook geen geheim daarvan dat hulle ongelukkig met die besluit is, en hoe daar op dissidente-menings jag gemaak word nie.

Kovsies is egter baie ver buite perke as hulle via die houvas op die NG Kerk se moderator, as werknemer, die NG Kerk verhinder om op die hoogste vlak ‘n rigtinggewende standpunt in te neem. Intussen sal dit kerkrade van die susterkerke loon om weer kennis te neem van hul eie outonomie en Môrelig se voorbeeld te volg deur self standpunt in te neem – al verskil dit ook by gebrek aan leiding vanuit die moderamen, van dié van Môrelig.

business promotiontopcargo

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde

Met die lansering van ‘n tweede ruimtetoestel wat met seile werk, is die fokus opnuut geplaas op die feit dat die oplossing teen omgewingsbesoedeling – of ten minste van die konsepte – al eeue in die mensdom se kennisraamwerk verweef is.

Om van die sonwind en die son se fotone gebruik te maak om ruimteskepe teen duisligwekkende snelhede te laat beweeg is nie ‘n nuwe konsep nie, maar dit het nogtans baie uitdagings gebied voort die eerste eksperimentele toestelle gelanseer is. Dit gaan nog baie werk en uitdagings bied voor dié tegnologie gebruik kan word om reise na naburige sterrestelsels te onderneem.

Dit is egter nie net wetenskaplikes wat na ou tegnologie kyk nie. Pas het die Meksikaanse leër dwelmsmokkelaars vasgetrek wat van ‘n toestel gebruik gemaak het om dwelms oor die grens na die VSA te slinger. Na berig word lyk dit na ‘n Middeleeuse katapult. Dit is nie bekend hoe lank dié tegniek in gebruik was voor die spulletjie aangekeer is nie.

Wêreldwyd is daar ‘n reuse waglys vir windturbines om elektrisiteit deur windkrag op te wek. Die omvang van hierdie windplase, ook ter see, laat omgewingsaktiviste ook hieroor in opstand kom.

Die mens is intussen nie net besig om sy eie nes, die aarde te bevuil en dalk onbewoonbaar te maak nie, maar ook die ander lewe op die planeet waaroor die mens veronderstel is om verantwoordelik te heers. Om na ou tegnologie te kyk en modern te improviseer, kan die mens moontlik weë vind om sy skadelike spoor te minimaliseer.

free casino gamesданильченко юрій броніславович

Om ‘n flater met nog ‘n flater te probeer toesmeer

Afriforum het pas ‘n peiling op die UV se kampus gedoen oor die universiteitsowerhede se besluit om God uit die leuse weg te laat. Sowat 93 % van die studente, wit en swart, wat aan die peiling deelgeneem het, het aangedui dat hulle teen die besluit gekant is.

Dit plaas ‘n vraagteken oor die UV-bestuur se aansprake dat wyd oor die besluit gekonsulteer is, ook met die studente. Presies hoe met die studente gekonsulteer is, is nie duidelik nie omdat Kovsies oor dié kwessie die kaarte styf teen die bors speel. Studentepolitiek op partypolitieke grondslag op die kampus is verbied, en daar is geen behoorlike verteenwoordigende studenteliggaam nie.

Ongeveer al wat bekend is, is dat dit deel van die transformasieproses uitmaak. Hoe by daardie sommetjie uitgekom word, is ook nie bekend nie. Ongelukkig is dit ook nie die eerste keer dat die UV-owerhede aanspraak maak dat ‘n besluit na oorleg met die studente geneem is, maar selfs studenteleiers aandui dat hulle nie van enige raadpleging bewus was nie.

Met eier in die gesig reageer die UV-bestuur nou deur onder meer met hofstappe te dreig, en aan te voer dat Afriforum se optrede rassespanning op die kampus kan laat ontbrand. Gegewe die uitslag van die peiling is dit ook ‘n bisarre gevolgtrekking.

Boonop het baie studente gister, toe die referendum volgens berigte by die UV se hekke sou plaasvind, opgeruk om te gaan stem. Deur dié misverstand het talle wat moeite gedoen het om teen die UV-besluit te stem, onverrigtersake teruggekeer.

Die regte manier sou wees om nie vooraf te besluit hoe watter rassegroep standpunt oor sake sal inneem nie. Bykans die helfte van die deelnemers aan Afriforum se peiling was swart, en met die hoë persentasie wat teen die weglating van God uit die leuse gestem het, beteken dit verreweg die meeste swart deelnemers is teen die weglating gekant. In hierdie geval sou ‘n referendum – en Afriforum het gewys hoe maklik so iets aangepak kan word – die vrae laat opklaar het. Dan weet almal waar hulle staan.

Sou die meerderheid vir die behoud stem, dan het die UV-bestuur ‘n kort skande as hulle dit as skande wil beskou. Deur die kwessie in die transformasie-doofpot te wil druk, is ‘n lang ongelukkigheid die voorland.

Kovsies se bestuur weet nou wat die pad is om geloofwaardigheid en respek te herwin. Los die dreigpraatjies, en toets op ‘n aanvaarbare manier die menings van studente en dosente.

Moenie van die universiteit se afdeling strategiese kommunikasie ‘n propaganda-liggaam maak nie, want as dit eers geloofwaardigheid verloor het, gaan die UV sukkel om sy beeld te herstel.

Dan het die debat oor die beginselkwessie van die weglating van God uit die leuse nog nie eens begin nie. Om die weglatingbesluit uit die leuse aan transformasie te koppel is bisar, in die lig daarvan dat die eerste deel van die post-1994 SA se volkslied ‘n gebed is, en dit weer deel van die grondwet is. Is die behoud hiervan dan nie ook logies ‘n struikelblok vir transformasie nie.

Die ironie is dat transformasie, anders as groepe se godsdiensregte, nie in die grondwet voorkom nie.

‘n Opvoedkundige instelling wat in effek deelneem aan die vertrapping van die grondbeginsels wat die grondwet onderlê, moet hard gaan dink.

оборудования для шиномонтажапрокурор Фильчаков

Stabiliteit deur realiteit in Libanon

Terwyl staatkundige rustigheid op die oog af na Libanon terugkeer, is daar steeds ‘n donker terreurwolk wat oor die land hang.

Die rede vir hierdie donker wolk is dat die nuwe regering deur Hisbollah gesteun word. Die VSA en sy bondgenote beskou Hisbollah as terreurorganisasie, en sanksies geld teen die organisasie en sy ondersteuners.

Die feite op die grond spreek egter ‘n ietwat ander storie. Selfs na die VSA $720 miljoen sedert 2006 aan militêre hulp aan Libanon gegee het om die regering sterk en pro-Westers te probeer hou, is Hisbollah steeds die sterkste militêre mag in die land.

Toe Hisbollah parlementêr die pro-Westerse regering tot ‘n val gebring het, is vermoed dat dié organisasie nie self sou belangstel om die bewind oor te neem nie. Dit sou immers die fyn balans tussen Christen, Soenie en Sjiïet versteur. Hisbollah, radikaal Sjiïties het uiteindelik ook nie regeringsopsies uitgeoefen nie, en ‘n neutrale Soenie-sakeman as Premier laat toetree. Hierdeur is die balans behou waar die premier tradisioneel ‘n Soenie is, die speaker ‘n Sjiïet en die president ‘n Maroniete – Christen. Elkeen verteenwoordig ongeveer ‘n derde van die bevolking.

Hisbollah se optrede is egter ver van gerusstellend. Met die verwikkelinge het Hisbollah se leier in ‘n TV-onderhoud gesê dat, terwyl die Libanese bevolking, Christen, Soenie en Sjiïet saans rustig slaap, gaan sy organisasie voort met militêre opleiding, met die implikasie dat ‘n veldtog teen Israel beplan word.

Voorts is daar veel meer groeperings in Libanon as dit wat deur hoë ampte by die eenheidsregering betrek word. Die Christenbevolking bestaan uit talle groeperings waarvan nie almal etniese Libanese is nie, terwyl die Moslem-bevolking ook heelwat meer fraksies bevat, en boonop ‘n groot Palestynse bevolking in diaspora huisves.

Hisbollah se noue bande met Iran en ander terreurorganisies is ook nie bemoedigend nie. Moontlik kan die Libanese bevolking nou rustig slaap, maar solank Hisbollah by sy doelwitte bly, is daar min slaap vir die bure.

детски иглобановский класс харьков

Transformasie versus die grondwet

Die twee universiteite in die Vrystaat, die Vrystaatse Universiteit en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie – die ou Technikon) is vroeg vanjaar in die nuus oor aspekte wat verband hou met die opstel van transformasie teenoor die grondwet en sy bepalings.

Eers het die UV aan die beurt gekom met ‘n besluit wat skynbaar nie behoorlik gekommunikeer is nie, naamlik om God uit die universiteit se leuse weg te laat.

Kort hierna blyk dit dat derdejaar landboustudente aan die SUT ontdek het dat hulle hul studies nou in Engels moet voltooi. Van die studente beweer hulle het maar ‘n week of wat gelede van dié toedrag van sake verneem, terwyl die SUT beweer studente is jare lank al hierop voorberei. Volgens ‘n hoofartikel in vandag se Volksblad mag studente ook nie eens hul vraestelle in Afrikaans beantwoord nie. Verskeie het glo by die aanbreek van hul derde studiejaar hul studies opgeskort omdat hulle voel hulle is nie goed genoeg toegerus om hul studies in Engels te probeer voltooi nie. Een het byvoorbeeld disleksie wat dit vir hom moeilik genoeg gemaak het.

Maar wat sê die grondwet? In Artikel 6 van die grondwet, wat deel van die hoofstuk oor die grondslae van die grondwet is, word dit duidelik gestel dat die staat stappe sal neem om die inheemse tale te bevorder. In artikel 5 word Afrikaans, ook ‘n inheemse taal, as een van die land se amptelike tale gelys.

Artikel 7 gee aan provinsies die reg om as’t ware die elf tale as groslys te gebruik om amptelike tale vir die provinsie te lys. Afrikaans is ook een van die amptelike provinsiale tale.

In Kovsies se geval is so ver gegaan om transformasie – ‘n woord wat nie in die grondwet voorkom nie – as rede te gebruik om die besluit om God uit die leuse te verwyder.

Transformasie kom omheilspellend dikwels in die weg van die grondwet en grondwetlike beginsels. Formeel streef die grondwet nie-rassigheid na en verbied diskriminasie onder meer op grond van ras. In die praktyk is ras allesbepalend. Boonop is arbeidswetsontwerpe nou in die proses wat, as dit goedgekeur word, provinsiale raskwotas sal afskaf, en die indiensneembaarheid van bruin mense in die Wes- en Noord-Kaap sal benadeel, en Indiërs in KwaZulu-Natal. Voortaan – as dit so deurgevoer word – sal werkgewers nasionale kwotas moet handhaaf.

Dit behoef geen profeet om te besef dit gaan die druk op Afrikaans verder verhoog nie. Nog meer personeel, ook doserende personeel – sal ingevolge transformasiedoelwitte aangestel moet word wat nie Afrikaans magtig is nie, of wil wees nie.

Die impak op die Afrikaanse media sal ook ingrypend wees. In dié stadium oorkom Afrikaanse koerante die probleem deur baie bruin Afrikaanssprekendes aan te stel, ook in provinsies met klein bruin bevolkings. Swart kwotas word gewoonlik in die administratiewe en bemarkingsafdelings geakkommodeer. Die nuwe voorgestelde wetgewing gaan dit vir koerante nog moeiliker maak om genoeg mense aan te stel wat Afrikaans voldoende magtig is om hoë gehalte Afrikaans aan lesers op te dis.

Wanneer hierdie transformasie agter die skerms plaasvind, en die publiek wat geraak word eers in ‘n baie laat stadium daarvan bewus word, is dit dikwels te laat om deur onderhandelings stappe te neem. En hofsake kos baie geld.

Die Vrystaat was eens ‘n model-republiek. Nou is it die provinsie wat die swakste met verslae van die Ouditeur-generaal gevaar het. Dis die provinsie wat die meeste in die nuus is oor Eskom wat dreig om dorpe se kragtoevoer weens wanbetaling af te sny. Met so ‘n beeld en dit wat die UV en SUT nou uitstraal, is dit ook geen wonder dat borge kopsku raak om die rugbyspan te borg nie.

керамические брекеты с прозрачной дугойФильчаков прокурор харьков

Sport en politiek

Die Proteas se oorwinning oor die besoekende Indiese krieketspan in die eendagreeks gister, word bederf deur die regering se hernude inmenging in die binnewerking van die sportsoort.

Die meeste internasionale sportliggame, waaronder Fifa, die IOK en die Internasionale Rugbyraad verbied rassisme en politieke inmenging in sport.

Dit is ‘n reël wat al gesorg het dat verskeie lande soos Griekeland, Kenia en Iran al uit Fifa geskors is, en ander op terme geplaas is. Bykans sonder uitsondering het die regerings dan kopgegee.

Wanneer dit egter by Suid-Afrika kom, geld daar skynbaar ‘n ongeskrewe reël dat dié land ‘n uitsondering mag wees – rassisme in die vorm van kwotas geld breed, en die regering meng openlik in.

In die jongste voorval het die pikante situasie ontstaan dat die minister van sport, Fikile Mbalula, die Protea-kaptein gemaan het om nie sy neus by politiek in te steek nie. Smith het naamlik sy steun aan Krieket Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Gerald Majola, toegesê. Majola is haaks met die grootbaas van Suid-Afrikaanse krieket, dr. Mtutuzeli Nyoka.

In bykans enige ander land sou Nyoka sy goedjies gevat en geloop het na die nasionle krieketliggaam ‘n mosie van wantroue in hom gestel het. Dit word egter nou op 12 Februarie bespreek, en intussen meng die regering in die saak in.

Stilswye deur die Internasionale Krieketraad hieroor is kommerwekkend. Suid-Afrika het juis nou te kampe met ‘n regering wat skynbaar nie die grense tussen regerende party en die owerheid ken nie, waarvan sy kader-ontploooiingsbeleid maar een negatiewe uitvloeisel is.

Dit het voorts blykbaar ook nie veel van ‘n begrip oor die skeiding van owerheidsmagte, naamlik wetgewend, uitvoerend en regspraak nie.

Die kwotas wat op die privaat sektor afgedwing word, dui ook daarop dat die owerheid ‘n eina-begrip het oor waar owerheidsinmenging geregverdig is. Niemand sal byvoorbeeld meen die owerheid tree buite perke op as dit ‘n kerk tot orde roep as dit mense wat saamwoon begin teregstel nie.

In die geval van krieket lyk dit boonop of die regering inmeng ter wille daarvan om die bas van ‘n ontplooide kader te red.

Die minste wat die internasionale liggaam kan doen is om die regering te vermaan. Om die regering maar sonder uitsondering straffeloos daarmee te laat wegkom, beteken dat Suid-Afrika se vordering tot ‘n moderne staat in die wiele gery word.

millstreamлобановский александр интервью

Openbare verantwoordelikheid

Staatsdepartemente op nasionale en provinsiale vlak gaan voortaan vir die eerste keer in 17 jaar elke drie maande geëvalueer word, aldus die Ouditeur-generaal nadat daar min vordering was om die jaarlikse siklus van verdoemende oudits die hoof te bied.

Ministers, LUR’e en premiers word op die vingers getik. Die OG stel dit duidelik dat hy nie van die politieke hoofde verwag om self die werk te doen nie, maar dat hulle genoegsaam verantwoordelikheid neem om toe te sien dat sake wel reggeruk word.

Dit vereis egter steeds ‘n mate van kundigheid van politieke ampsbekleërs om toe te sien dat sake reggeruk word, al is dit net om toe te sien dat die regte mense as departmentshoofde aangestel word, wat op hul beurt weer die regte vakkundiges kan aanstel. Die regering se verklaarde, en onlangs herbevestigde beleid van kaderontplooiing staan egter vierkantig in die pad hiervan. Die gevolg is dat basiese rekeningkundige dissipline personeelbestuur in 71% van alle staatsdepartemente op provinsiale en nasionale vlak ontbreek en ondoeltreffende ouditprosedures word vererger weens dié gebrekkige personeelbestuur. Nasionale Pers berig vanoggend dat minagting van wetgewing soos die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) en die oortreding van tesourie-regulasies en tenderprosedures op alle vlakke gebeur. Dié kwessies word jaarliks beklemtoon en dringende aandag word vereis om die gety te draai.

Die media berig gereeld oor voorbeelde van ontplooiing en herontplooiing wat die hare laat regop staan. Die leier van die minister van samewerkende regering se taakspan vir herontplooiing op munisipale vlak staan self agter die deur nadat hy eers by Bronkhorstspruit en toe Plettenbergbaai onder meer windaf van die OG beland het.

‘n Munisipale bestuurder wie se eie munisipaliteit onder administrasie was, is tydens hierdie ingryping as provinsiale LUR vir plaaslike regering aangestel. Sedertdien is Eskom voortdurende in dreigaksies om munisipaliteite in die betrokke provinsie se kragtoevoer weens wanbetalings af te sny betrokke.

‘n Persoon wat in senior hoedanighede verskeie verdoemende verslae van die OG en een van die Openbare Beskermer op die lyf geloop het, is in dieselfde provinsie ‘n LUR, en is die de facto vise-premier.

Hoewel daar plek-plek verbeterings was, is die kern van die saak dat onreëlmatige uitgawes by nasionale staatsdepartemente in een jaar van R1,3 miljard tot R3,9 miljard toegeneem het. Op provinsiale vlak is sewe van die departemente wat beter gevaar het, in die Wes-Kaap.

чэловэк пауклобановский александр игоревич харьков

As die rasseskoen aan die ander voet is

Die jaar 2010 is afgesluit met ‘n reuse openbare debat oor die rassekwessie. Dit het ook in peilings geblyk, ironies in dieselfde jaar waar ondersteuners van die huidige grondwet op sukses geroem het na aanleiding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied is. Dit was op die oog af merkwaardig nadat die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche nog in dieselfde jaar tydens ‘n plaasmoord vermoor is.

Reeds in die aanloopfase tot die toernooi het sielkundiges en sosioloë gewaarsku oor die post-euforiese depressie of selfs post-euforiese trauma wat ‘n ruk na die toernooi gaan inskop – dan wanneer mense weer met die harde werklikhede geslaan word. Skerp verhoogde kragtariewe was maar een so ‘n faktor. Plaasmoorde wat in alle erns hervat is, nog een.

Bykans elke insident en argument het op die rassekwessie uitgeloop, en die debakels wat gevolg het op uitlatings deur Annelie Botes en Steve Hoffmeyr was maar simptomaties.

Dit is meer as net ‘n tikkie ironie dat die debat na vanjaar sou oorloop. Vanjaar is dit immers presies 20 jaar sedert Suid-Afrika wetlik gesproke ‘n nie-rassige land geword het, toe die bevolkingsregistrasiewet as deel van ‘n pakket sogenaamde klein-apartheidswette ook in die slag gebly het.

Vroeg in die jaar was dit ook ‘n simboliese, hoewel erg omstrede figuur uit die verlede, wat die rasselont vir die jaar sou aansteek toe Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte na ‘n beweerde spoedoortreding voorgekeer is.

Hoewel die saak nog afgehandel moet word, is die rassekaart sommer hard gespeel omdat een van die twee polisiebeamptes wat die voorkeerwerk gedoen het, blank is. Hy sou glo rassisties opgetree het, wat sy swart kollega verontwaardig laat hoor het dat dit darem dik vir ‘n daalder is – hy is dan self swart.

Die aflosstokkie word nou eers aangegee na ‘n dissiplinêre verhoor in die polisie in die Vrystaat. Hier het die aangeklaagde, ‘n swart polisieman, uit ‘n dissiplinêre verhoor gestap nadat sy Popcru-verteenwoordiger gekla het die dissiplinêre paneel is te wit. Die wit paneellede het hierop ‘n siviele lastereis teen die Popcru-verteenwoordiger ingestel nadat hy hulle glo wit rassiste en konstitusionele misdadigers genoem het.

Die betrokke polisielid is intussen op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat ‘n persoon wat hy glo aangerand het, dood is.

Dat die rassekaart steeds gespeel word nadat ras amptelik lank voor die aanbreek van die huidige bedeling afgeskaf is, hoef niemand te verbaas nie. Ras, as norm, is in oordaad deur die nuwe regering terug op die wetboeke geplaas. Dit raak iemand se status met werksoek, dit raak sy status met aansoek vir keuring, vir beursaansoeke – daar is grondhervormingsteikens. Organisasies soos die Black Lawyers Association, die Black Journalist Association, swart sakekamers en vele meer word gekoester.

Die towerwoord wat alles nie-rassig moet kleur, is “transformasie.” Dié woord is onlangs ook, skynbaar onnadenkend, deur Kovsies se woordvoerder gebruik om te motiveer hoekom God uit die universiteit se leuse gehaal is. So is ook dié kwessie in die rassekookpot gedompel en swart Christene onregstreeks beledig deur die afleiding dat dit gedoen is ter wille van rasseteikens.

Iemand wat met dinamiet werk, moenie met vuurhoutjies speel nie.

пескоструйная обработка металлатопкарго

Nog nat agter die ore

Hoe meer dae, hoe meer goggas broei op die Nasionale Jeugagentskap se spore uit.

Dat dié omstrede instelling se sake ondersoek moet word, is voor die hand liggend, en die klagtes wat die Vryheidsfront Plus Jeug by die Openbare Beskermer gaan lê het, is noodsaaklik.

Dit is reeds bekend dat die belastingbetaler en die Nasionale Lotery groot bedrae gehoes het vir ‘n internasionale jeugberaad, wat meer na ‘n saamtrek van Marxisties-geörienteerde jeug gelyk het.

Onder die mees sorgwekkende aspekte is dat dit blyk dat die reiskoste van die Kubaanse afgevaardigdes na Suid-Afrika betaal is. Dit volg kort op die nuus dat Suid-Afrika ook Kuba se aansienlike skuld aan Suid-Afrika afgeskryf het.

Wat nou gebeur is dat ‘n ekonomie met moontlik tot 40 % werkloses en ‘n groot deel van die werkerskorps wat werklik min verdien, ‘n land wat sy eie ekonomie beperk deur ‘n kommunistiese beleid te volg, help dra. Kuba se ekonomie is tradisioneel hoofsaaklik gedra deur die ou Sowjet-Unie wat Kubaanse suiker teen aangepaste pryse ingevoer het.

Ironies is daar nou kort-kort afvaardigings in Kuba om te gaan kers opsteek oor hoe dié mislukte staat dinge doen. Van die vermaning dat as een blinde ‘n ander blinde lei, beide in die sloot gaan val, is blykbaar nog nie gehoor nie.

Nog ‘n bewering wat ondersoek moet word, is dat die kunstenaars wat by die jeugfees op die koste van die belastingbetalers opgetree het, toevallig bereid was om gratis by ‘n partytjie van Julius Malema op te tree.

Oor die noodsaaklikheid dat ‘n jeugagentskap moet bestaan, veral waar die topbestuur skynbaar net as indiensnemingspunt vir die ANC se jeugliga dien, kan nog gedebatteer word. Wat dit betref staan die jeugagentskap immers nie alleen nie, en lyk dit of Limpopo se Pleknamekomittee eintlik dieselfde doel dien.

Die feit is egter dat die jeugagentskap nie ‘n grondwetlike liggaam is nie, anders as byvoorbeeld die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die regte van taal-, godsdiens- en kultuurgemeenskappe, Pansat en ander. Veral die eerste kom weens gebrekkige befondsing nie op dreef nie.

Die vraag kan dus gevra word of die regering nie met hierdie skeeftrek self die grondwet willens en wetens minag nie.

продажа зарядных устройствОлександр Фільчаков прокурор

Ek nie sthnotkop ith

“Ek nie snthotkop ith!”

Dit was die ongelukkige reaksie van ‘n klein seuntjie kort na sy pa speels sy hand oor die kind se borselkop gestreel en hom so genoem het.

Pas was daar ‘n vlaag rubrieke deur groot koerante se gereëlde rubriekskrywers waarin hulle hul ongelukkigheid te kenne gee met die tipe kommentaar wat hul rubrieke op die internet-kommentaargeriewe trek.

Dit word uiteraard nie so aangebied nie – dit kom in die konteks van die verwysing na die Amerikaanse bloedbad waarin ‘n Amerikaanse kongreslid in die kop geskiet en nege ander mense doodgeskiet is.

Aan die hart van die probleem is ‘n argument dat ekstreme stellings geestelike onstabiele mense daartoe kan oorreed om tot uiterstes te gaan. Een rubriekskrywer het selfs in hierdie verband na die moord op Chris Hani, eertydse kommunistiese leier verwys, en as nagereg gemeen dit het die land op die randjie van ‘n bloedbad laat huiwer.

Die tipe uitlatings wat die skuld kry het in verskeie tale, ook in Afrikaans, ‘n naam: vitrioel.

Die wyse waarop rubriekskrywers reageer laat blyk dat die kritiek hulle tog raak. Die harde woorde maak tog seer, anders as die indruk wat geskep word dat hulle immuun teen dié soort vitrioel is.

Dit plaas egter ‘n tweede aspek op die tafel, en dit is hoe ook rubriekskrywers met woorde behoort om te gaan. Die eerste les van doeltreffende oorredingskommunikasie is immers dat die kommunikator sy woorde so moet kies dat die teiken nie moet agterkom daar word probeer om hul sienswyses te verander nie. Kom die teiken agter daar word probeer om met sy kop te smokkel, sal hy hom immers daarteen verset – en ook ‘n verskeidenheid emosies daaroor oorhou. Vir die oorredingskommunikator geld die ou reël immers: “Met die hoed in die hand kom mens deur die ganse land.” Fatsoenlik, dus.

Sommige rubriekskrywers spesialiseer egter daarin om die aandag deur omstredenheid te boei. Die skrywersnaam, Karen Blikzem” in Engelstalige publikasies verklap immers reeds daar is geen bedoeling om die sagte woord te spreek nie. Selfs binne die genres van paradoks, kwastigheid, gekskeerdery en vele meer is daar ‘n fyn balans tussen fatsoenlik en afstootlik.

Om te argumenteer dat die teiken waarna geskiet word eintlik die politici in die openbare domein is, gaan net op as dit duidelik blyk. ‘n Openbare figuur wat korrup is, ‘n misdaad gepleeg het of selfs net onbekwaam is moet verwag dat sy naam in onvleiende opskrifte sal pryk.

In ‘n heterogene land soos Suid-Afrika is dit bykans onvermydelik dat dit wat vir een gehoor bedoel is, ‘n ander sal aanstoot gee. Koerante se kliënte, die lesers, is immers ook nie polities of religieus homogeen nie.

Rubriekskrywers wat in rubriek na rubriek ‘n deel van die leserskorps deur woordkeuses aanstoot gee, moet verwag om weerlig te trek, veral as hy duidelik sy eie politieke oortuigings as meerderwaardig teenoor dit wat ander aanhang, stel. Uiteindelik moet hy verwag dat die weerlig hom ook gaan raakslaan, want anders as wat hy miskien glo, is almal wat anders as hy dink se IK nie noodwendig laer as syne nie.

Om die hand aan die pen te slaan met dit waarvan die hart oorloop is maklik. Om politieke opponente in ‘n monoloog met die teerkwas by te dam is net so maklik. Dit is egter ‘n ander saak as die koeëls van diegene in die visier om jou eie ore begin fluit. Om dan vir fatsoenlikheid te pleit is bietjie laat.

Die voorval in die VSA moet almal wat hulle op die een of ander wyse met oorredingskommunikasie besig hou, tot nadenke stem. Redakteurs moet besin oor die aanwendbaarheid van rubriekskrywers wat week na week Maximaal aanstoot gee, al stem hulle met die menings saam. Daar is immers maniere om ‘n ding te stel sonder om die polarisasie te laat oorkook.

справка 082улобановский александр отзывы

Boeliestaat

Enkele jare gelede was die media vol berigte van hoëspoed-konvooie wat hulle klaarblyklik nie net as bo die reg verhewe beskou het nie; daar was ook berigte van waar hierdie eietydse cowboys op ander motoriste geskiet het en op ander wyse geviktimiseer het.

Dié era is ongemaklik in herinnering geroep met ‘n insident waarby me Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte betrokke was. Min of meer al wat duidelik is, is dat die motor waarin sy en haar lyfwagte gery het, die spoed liederlik oorskry het, dat sy laat vir ‘n afspraak was, en dat daar ‘n onlekker woordewisseling was toe sy deur die polisie afgetrek is.

Hiervandaan, so wil dit voorkom, is op amptelike vlak eenvoudig aanvaar om haar en haar lyfwagte se weergawe van die gebeure te aanvaar. Die twee polisiemanne is blykbaar in die proses informeel skuldig bevind en gevonnis. Die polisielede is byvoorbeeld aangesê om Madikizela-Mandela om verskoning te vra.

Pas het die vakbond, Solidariteit, die SAPD gewaarsku om die een polisielid by die saak betrokke, nie te viktimiseer nie. Dié lid is ook lid van Solidariteit, en die vakbond het reeds sy regspan opdrag gegee om die lid by te staan.

By die algemene publiek sal daar instinktief ‘n ander gewaarwording wees oor die voorval as wat die polisie waarskynlik onder politieke druk sal ervaar. Midikizela-Mandela het immers ‘n paar na-1994 kriminele skuldigebvindings op die lyf geloop, en volgens een van die interpretasies moes sy eintlik nou gediskwalifiseer gewees het om weer parlementslid te kon word.

Verder, uit die era voor 1994 is daar ook nie positiewe herinneringe oor haar lyfwagte nie, met die Stompe Sipei-geval wat nog in baie mense se geheues leef. Haar lyfwagte het as ‘n sogenaamde sokkerklub bekend gestaan.

Die insident het egter wyer implikasies as net die individue wat nou betrokke is. Dit handel oor die grondwetlike beginsel dat almal gelyk voor die reg is.

Was daar nie nuusdekking en vakbondingryping nie, lyk dit of die beginsel sou geld dat sommiges meer gelyk as ander voor die reg is.

Ongelukkig staan hierdie voorval ook nie in ‘n vakuum nie. Die Julius Malema-era van konvooie wat ook aan verkeerslui verduidelik wat hulle met die spoedboetes kan doen, en volgens aanduidings daarmee weggekom het, is nog vlak in die geheues.

As wetteloosheid vir sommiges toelaatbaar word, staan die land op die vooraand van ‘n Wilde Weste-era. In heelwat van die gevalle was die insidente wit-swart, wat ‘n bykomende dimensie daaraan verskaf.

Die politieke leiers moet die voorbeeld stel, nie die werklike posisie misbruik nie.

instagram clothing linesФильчаков прокуратура харьков

Groen longe, bosslapers en toerisme

Ter wille van die gesondheid van stedelike inwoners word groen longe uitgelê. Dit sluit ontwikkelde parkies, soms met swaaie en skoppelmaaie vir kinders, begraafplase, koppies met wisselende vlakke van bewaringsstatus en vele meer in.

Die persentasie oppervlak wat vir groen longe benodig word, hang van verskeie faktore af soos die reënval, die heersende winde, of die stad ‘n deel van die jaar onder ‘n sneeukombers lê, bewoningsdigtheid, vlakke van elektrisifisering en nog ander faktore af.

Die gebiede word gewoonlik geïdentifiseer tydens die beplanning vir dorpsuitleg, deur areas te identifiseer wat te kleiagtig vir die bou van woonhuise is, waar te veel geraasbesoedeling plaasvind, die verspreiding en dit sal immers dwaas wees om ‘n begraafplaas op ‘n klipbank uit te lê.

Bloemfontein is in verskeie opsigte ‘n unieke stad, met ‘n wildtuin op ‘n koppie in die middel van die stad. Hierdie koppie, en ander koppies in die omgewing, het hoë statusse as bewaringsgebiede wat ontwikkeling tot die allernoodsaaklikste beperk. Talle historiese en moontlik selfs argeologiese verskynsels kom in dié areas voor.

Dit bied die ideale geleentheid vir ekotoerisme. Wandelpaaie word onder meer ontwikkel, en stedelike bewareas het al in verskeie Suid-Afrikaanse stede ontstaan.

Dit bied egter ook ‘n heenkome aan bosslapers. Van die koppies in woongebiede is naby die bosslapers se slaapplekke so van menslike slagysters gesaai dat daar van wandel min sprake is. Wippe word gestel waarin ook mense uit die omgewing se troeteldiere aaklig tot hul einde kom.

En nou is dit groot voorbladnuus dat ‘n Britse toeris tydens ‘n staptog op ‘n wandelpad vlak voor die voordeur van die Vrystaatse premier verkrag is. Dadelik is daar groot kommer oor wat die insident aan die streek se toerisme gaan doen. Die vrou is gek oor die buitelug en het al dwars oor die wêreld soortgelyke ekskursies geniet, net om in die hartjie van Suid-Afrika deel van die verkragtinghoofsetel van die wêreld se statistiek te word.

Dalk meer as net statistiek, want Suid-Afrika tel onder die hoogste Vigs-syfers ter wêreld en ‘n verkragting kan ook ‘n doodsvonnis behels. Gelukkig is anti-retrovirale behandeling beskikbaar.

Die owerhede sit met ‘n dilemma. Deur besoekers afdoende teen gevare te waarsku is sleg vir toerisme. Verskeie strandoorde aan riviermondings het aanvanklik e-Coli-tellings as waarskuwing vir besoekers daagliks bygehou. Toe dit skadelik vir toerisme blyk te wees, is ‘n algemene waarskuwing opgerig dat die water besoedel mag wees. Oplaas is die borde verwyder. Die probleem is egter nie verwyder nie. Dit verhoog trouens die kanse van regsaanspreeklikheid.

Die beste oplossing bly om die probleme te nie net te verwyder nie, maar op te los.

free slotscasino gamesФильчаков

Amerikaners se kennis van die grondwet getoets

Volgens die Christian Science Monitor neem die openbare debat in die VSA toe oor die doeltreffendheid en rol van die Amerikaanse grondwet. Dié koerant het dus besluit om ‘n aanlyn-opname te doen waarin lesers hul kennis van die grondwet kan toets.

Dit sal interessant wees om te sien hoe goed Amerikaners werklik hul grondwet ken.

Die VSA is in baie opsigte die toonaangewer met die begrip grondwetlike demokrasie. Baie lande het uit die grondwet geput om hul eie te skryf, waaronder die ou Vrystaatse Republiek.Oor die jare is talle wysigings aangebring, waarvan sommige “Ammendments” soos dit bekend staan, veel bekender is as die basisdokument.

Die dokument is ook nie oral klokhelder geskryf nie, en enkele jare gelede was daar selfs ‘n debat oor of afgelei kan word dat dit God as hoogste gesag erken.

Uit die howe, en die federale hof se toepassing het daar ook afleidings gekom wat nie noodwendig deur ander lande nagevolg word nie. Die beginsel van “reg op lewe” word elders ter wêreld dikwels vertolk as ‘n verbod op die doodstraf, maar ironies nie op aborsies op aanvraag nie.

In die VSA pas verskeie deelstate die doodstraf egter steeds toe, en sommiges het dit selfs heringestel, en dit is duidelik dat die beginsel van “reg oplewe” anders vertolk word.

Trouens, kort voor pres. Barack Obama se verkiesing tot president was daar ‘n groot moontlikheid dat die Federale Hof die beslissing van Roe versus Wade tersyde sou stel, en dat aborsies op aanvraag gestuit sou word.Verskeie deelstate het selfs reeds die wetgewing op hul wetboeke begin plaas in antisipasie hiervan. Met Obama se verkiesing het die Christian Coalition of America verklaar is die stryd teen aborsies op aanvraag met dekades teruggesit.

‘n Opname onder die Suid-Afrikaanse kiesers oor die grondwet sal stellig ‘n druipsyfer oplewer wat die matriek-druipsyfer na ‘n skitterprestasie sal laat lyk.

Die onkunde is ook nie net op voetsoolvlak nie, geoordeel aan die talle kere wat die regering in die Grondwethof bloedneus kry.

тамбов икДанильченко

As die pap eers laat val is

Baie mense ken die gevoel om op voorskrifmedikasie te wees, en net voor ‘n pil in die mond kom, te voel hoe dit uit die vingers glip en op die grond beland. En dan is dit weg. Dit het onder die yskas ingerol, of in die hond se waterbak beland…maar vir verdere gebruik is dit verlore.

So kan die verkiesing in die Ivoorkus beskou word.

Soos die meeste kuslande in Wes-Afrika, het die Ivoorkus ook ‘n groot Moslembevolking wat hoofsaaklik in die Noorde woon, en ‘n Christen-animistiese bevolking wat hoofsaaklik aan die kus woon. Dikwels is die kusbevolking meer deur die eertydse koloniale mag kultureel aangeraak as die binneland.

Op die gevaar af om te vereenvoudig, geld dit in breë trekke ook vir die Ivoorkus. Trouens, die Franse koloniale heersers het maar betreklik kort voor die land onafhanklik geword het, werklik doeltreffend tot die binneland deurgedring.

Die grootste moondheid in die gebied, Nigerië, het hierdie werklikheid staatkundig ondervang. In dié land moet Moslem en Christenpresidente mekaar aflos, natuurlik so lank die demokrasie hou wat tot dusver te gereeld in die slag gebly het.

Die Ivoorkus se posisie is afgesien van die ooreenkomste met Nigerië ook baie uniek. Die bevolking praat sowat 70 Afrikatale, die voorouers van die huidige inwoners het betreklik onlangs eers in die land gevestig, en die grootskaalse volksverhuisings het weens streekkonflikte ook nog nie mooi gestabiliseer nie. Tussen die Moslem-noorde en Moslem-buurlande is die staatkundige grens min of meer irrelevant.

Die land se opgetekende geskiedenis dui ook nie op ’n groot godsdienstige onverdraagsaamheid nie. Die jarelange Christen-president Felix Houphouët-Boigny het in 1990 die huidige verkiesingswenner, die Moslem Alassane Ouattara as premier aangestel, ‘n pos wat hy tot 1993 met die president se afsterwe beklee het. Ouattara is ‘n internasionaal hoogaangeskrewe ekonoom, en sy internasionale loopbaan, onder meer as jeugdige adjunk-direkteur van die IMF het eers politieke aspirasie gekry toe Houphouët-Boigny hom nader getrek het. Na 1993 het die politieke situasie in die Ivoorkus baie vloeibaar geword, en Ouatarra het meestal sy internasionale loopbaan as ekonoom voortgesit.

Maar hy het ook die leier van ‘n Moslemparty geword. Sy kandidatuur vir die presidentskap is egter telkemale in die wiele gery, en hy is onder meer gediskwalifiseer oor hy ‘n deel van sy jeug in Burkina Faso deurgebring het, en ook in ‘n stadium ‘n paspoort van daardie land gedra het. In die Ivoorkus is hy die sondebkok gemaak vir ongeveer alles wat verkeerd gegaan het, soos mislukte staatsgrepe.

Toe hy uiteindelik wel kon deelneem, was sy oorwinning vir niemand, behalwe oud-president Laurent Gbabgbo ‘n verrassing nie. Hoewel syfers baie verskil, is die algemene opvatting dat die Ivoorkus beduidend meer Moslems as Christene het. Gbagbo skop vas, en dis heel moontlik dat hy werklik glo dat baie van die Moslem-kiesers wat sy ondersteuners na die verkiesing gediskwalifiseer het, se burgerskap weens die vloeibare grense onder verdenking is.

Die Ivoorkus se dilemma toon hoe belangrik dit is dat wanneer ‘n grondwet onderhandel en opgestel word, die betrokke land se werklikheid in ag geneem word. In die Soedan het soortgelyke faktore tot ‘n dekadeslange burgeroorlog gelei, en miljoene mense het die lewe gelaat. Selfs tussen die Arabiese Moslems, en die nie-Arabiese Moslems van Darfoer, was konflik en ‘n gevolglike volksmoord.

In Suid-Afrika gaan gereeld stemme op dat Kemptonpark her-onderhandel moet word, ‘n duidelike aanduiding dat sekere Suid-Afrikaanse realiteite nie behoorlik verreken en ondervang is nie. In die Ivoorkus neem die ongevalle toe, en is klaarblyklik nog nie ‘n aks met onderhandelinge en selfs dreigemente gevorder nie. As die pilletjie eers geval het …

печи дровяные дляЛобановский